Hoe't jy gevoel toe . . . (Emmy-benoemde Emelia Weavind)
Foto’s: verskaf Galery
. . . jy, 'n Suid-Afrikaner, vir 'n gesogte Emmy-toekenning benoem word?
Emelia Weavind is saam met 'n span vir vanjaar se Emmy-toekennings in die afdeling beste kunsdireksie vir die internasionale mini-reeks Generation Kill benoem. Dit handel oor die eerste Amerikaanse soldate wat Irak toe is. Emelia woon in Kaapstad en werk die afgelope 24 jaar in SA én oorsee as kunsdirekteur en produksieontwerper vir TV en flieks. Sy was ook kunsdirekteur van die hoogs suksesvolle SA fliek District 9.
"Ek't nie in 'n miljoen jaar gedink ek sou benoem word nie. Werksbevrediging is vir my belangrik, maar dis spesiaal as jy met 'n internasionale toekenning erkenning kry op grond van jou persoonlike prestasie. Ek was op my senuwees voor die toekenningsgeleentheid op 20 September. Hoewel ons nie met die Emmy weggestap het nie, was ek bevoorreg om net saam met die span benoem te wees. Wen is nie alles nie. Dit beteken baie vir SA. Vier plaaslike film-tegnici is vanjaar vir Emmys benoem. Dít laat die res van die wêreld met ander oë na ons kyk.
Ek was al op baie rolprentstelle waar buitelandse filmmakers Suid-Afrikaners geprys het omdat ons so professioneel en talentvol is, maar die Emmys sit ons in die kollig! Ek dink my werk vir Generation Kill is uitsonderlik, omdat ek meestal met rommel, wrakke en Amerikaanse marinetoerusting gewerk het. Om dít in kuns te omskep is nie maklik nie. Ek het op 'n plaas op Stellenbosch grootgeword. Ek het vir drie jaar kuns studeer en uiteindelik Johannesburg toe getrek om daar as stelontwerper vir die SAUK te werk. Ek't myself by my eerste fliek, My African Adventure, ingewurm. Ek moes vir twee weke as sierskrywer (signwriter) werk. Daarna het ek geweier om te loop. Sedertdien werk ek aan flieks."
Klik hier om die Emmys se webtuiste te besoek.
Verwante artikels
-
District 9 - Apartheid en ruimtewesens
SARIE - Augustus 2009
Dit word bestempel as een van die oorspronklikste sci-fi-rillerflieks in jare - glo die wêreld se eerste ''outobiografiese'' alien-Apartheidsfilm. Ons eie Neill Blomkamp, 'n SA regisseur van kortfilms en advertensies wat al geruime tyd in Vancouver, Kanada, woon, was die skrywer en regisseur.
-
Gavin Hood: Van Hillbrow tot Hollywood
SARIE - Maart 2006
Hy’t klein begin. Nou maak Gavin Hood flieks wat die wêreld laat regop sit en die pryse inryg – en sy oog is op ’n Oscar vir SA.
-
Hoe't jy gevoel toe . . .
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 1
Die geliefde sanger Mathys Roets se motorfietsongeluk het skokgolwe deur die land gestuur. Veral toe dit blyk dat hy nou gedeeltelik verlam is. 4 mense wat ten nouste hierdeur geraak is, vertel van hul gevoelens
-
Marguerite Wheatley oor Clint Eastwood en Matt Damon
















Kommentaar