Hoe't jy gevoel toe...(Henré Pretorius)
Foto’s: verskaf Galery
jy hoor jou vrou is swanger – en jou broer het kanker?
TV-aanbieder en akteur Henré Pretorius beleef die soet saam met die bitter.
Ek was verlede jaar in Augustus seremoniemeester op Nuweland vir die Drienasies-rugbywedstryd tussen SA en Nieu-Seeland toe Nadine bel en sê sy dink ons is swanger.
Wat ’n oomblik!
My eerste gevoel was ‘sal ek ’n goeie pa wees?’ Ek het dadelik aan die negatiewe aspekte van my persoonlikheid gedink. Is ek dalk te selfsugtig en geldgierig? Sal ek minder kan vloek? Ek het myself probeer indink watter invloed ’n nuwe lewe op my wêreld sal hê. Al hierdie goed het in sowat 30 sekondes deur my kop geskiet. Nou sien ek net uit na die groot dag in April.
Ek kan in een woord beskryf hoe ek gevoel het toe ek ’n maand later hoor my broer Herman het testikulêre kanker: hopeloos. Jy weet nie waardeur mense met kanker gaan tot dit iemand so ná aan jou is nie.
Aan die een kant was ek oorweldig en opgewonde oor die nuwe lewe wat vir ons aan die kom is; aan die ander kant geskok en ontnugter oor Herman. Ek wou hom help, moed inpraat en sterk wees vir hom, maar elke keer as ek hom gesien het, wou ek huil. Ek moes die idee dat kanker ’n doodsvonnis is, oorkom. My broer wys elke dag met sy wilskrag en toewyding wat moontlik is. Hy is sterk, leef gesond en maak einde Maart klaar met chemoterapie.
Goeie dinge het daaruit gekom. Ons het ’n trustfonds gestig, die Vrede Foundation, en gebruik my broer se kontakte in die musiekwêreld om bv. die Vrede Fest te reël (Herman is nóú betrokke by die musiekkanaal MK). Die ingesamelde geld word aan iemand geskenk wat dit nodig het vir chemoterapie.”
Verwante artikels
-
Henré Pretorius is weer pa – kyk die foto's!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Die akteur Henré Pretorius en sy vrou, Nadine le Roux, 'n geleentheidskoördineerder, het nog ’n seuntjie ryker geword.
-
Hoe't jy gevoel toe...
SARIE - Desember 2010
-
Irene van Wyk se laaste CD: Hoe dit haar dogter laat voel
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Lugramp-weduwee: "Ons nuwe lewe sonder Erich"
SARIE Maart 2010
Hy was op vlug 447 wat tussen Rio en Europa verdwyn het. Dit het Alet Heine se lewe vir altyd verander. Maar sy en haar 3 dogters pak 2010 met nuwe moed aan. Sy deel haar verhaal.
-
Roer! - Henré Pretorius se minestrone-sop
SARIE - Augustus 2009
Sop is ideaal as 'n voor- of hoofgereg, maar dié sop is 'n maaltyd op sy eie! Die varkvleis gee dit ekstra-lekker smaak
-
Roer! - Henré Pretorius se winter-vrugteslaai
SARIE - Augustus 2009
In kouer weer kan 'n mens steeds heerlike vrugteslaai eet. Henré se resep kry ekstra oemf met granaatsap en heuning
-
Rugbylegende Ruben Kruger sterf
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
-
Só oefen 'n rugbykaptein - Getroud met Rugby-akteur vertel
SARIE - Mei 2009
Henré Pretorius verklap hoe hy fiks geword het vir sy rugby-rol in ’n nuwe kykNET-dramareeks. Fanie Cronjé, SARIE se sosiale en styl-redakteur, gym saam
















Kry jou SARIE oral, enige tyd