Hoe't jy gevoel toe...? (Lize, Ruben Kruger se vrou)
Foto’s: verskaf Galery
... jou man wéér met 'n breingewas gediagnoseer word?
Lize Cronjé het haar man, Ruben Kruger, ontmoet toe hy saam met haar neef, oud-SA krieketkaptein Hansie Cronjé, rugby gespeel het vir Grey-kollege in Bloemfontein. Hulle het twee dogters, Zoe (6) en Isabella (3). Ruben,voormalige Springbok-flank en Blou Bul-rugbykaptein, is nege jaar gelede met 'n breingewas gediagnoseer. Ná chemoterapie en 'n wonderherstel is nog 'n gewas in 2007verwyder. Die dokters het verwag die gewas sou weer groei, maar Ruben was twee jaar lank simptoomvry voor 'n gewas weer op Nuwejaarsdag vanjaar gediagnoseer en toe verwyder is. Twee dae later het hy regop in die bed gesit.
''Die eerste keer toe ons gehoor het Ruben het 'n gewas, het dit onmoontlik gevoel. Ek het gedink dit gebeur net met ander mense, dit moet 'n fout wees. Dit was 'n groot skok. Maar as jy 'n woord 50 keer herhaal, verloor dit sy krag. Ek hoor 'breingewas' so baie, ek is al gewoond daaraan. Ek weet dit klink soos 'n cliché, maar geloof is wat jy in so 'n situasie kry. As ek na gelukkige paartjies kyk, besef ek watter voorreg die lewe is, en ook dat dit genade is.
Ons het besluit as ons bang gaan wees vir die gewas, gaan dit ons oorwin. Ruben het besluit hy gaan nie 'n statistiek wees nie. Hy wil die oorwinnaar wees. Ons het 'n goeie neurochirurg. Wat die dokter sê, is menslik, maar wat God sê, is my behoud.Natuurlik moet ons ons deel doen. Ruben het sy leefwyse aangepas om sy immuunstelsel te versterk.Toe Ruben ná die operasie in die hospitaal gelê het, het ek besef daar is 'n kans dat hy dalk nie gaan wakker word nie. Ek weet vandag in my hart hy gaan oukei wees."
* Word 'n Facebook lid van die groep "Support Ruben Kruger in his fight against brain cancer".
* Lees ook Ruben Kruger 100% ná operasie
Verwante artikels
-
Andre Jacobs werk in Parys, Frankryk, aan fliek oor Saartjie Baartman
SARIE - November 2009
Andre Jacobs het meer as drie maande aan die fliek Vénus Noire geskiet, 'n rolprent wat op Saartjie Baartman se lewe gegrond is. Hy speel Hendrick Cezar, die broer van die man wat Saartjie as slaaf aangehou het.
-
By Ruben Kruger se begrafnis
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
SARIE se Fanie Cronjé was 3 Februarie 2010 by Ruben Kruger se begrafnisdiens. Hy vertel:
-
Hoe't jy gevoel toe...
SARIE - Desember 2010
-
Rugbylegende Ruben Kruger sterf
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd