Hoe't jy gevoel toe...(Mike Bolhuis se dogter)
daar ’n media-storm om jou pa se kop losbars?
Mike Bolhuis, private speurder van Pretoria, was onlangs in die nuus oor sy ondersoek na die berugte seksvideo waarin Joost van der Westhuizen na bewering verskyn.
En oor sy hare, én omdat hy in sy Speedo draf. Sy dogter Elsé-Marie (beter bekend as Bollie) vertel hoe dit voel om Mike se dogter te wees.
"Ons noem my pa Michael. Ek verpes dit as mense so spot met sy cool haarstyl. Hy is ’n metroman en bestee baie geld aan lekkerruikgoed. Dis vir hom belangrik om goed te lyk. Dis hoekom hy in sy swart Speedo gaan draf. Vir die tan. Ons spot hom dat sy vel té droog raak van die son. Ons het al gedreig om ’n week lank nie vir hom koffie te maak as hy nie sonblok dra nie.
Hy draf met ’n pistool en daar is altyd ’n pistool langs ons telefoon. Uit die aard van sy beroep is hy ’n sagte teiken. Hy trap op tone. ’n Mens moenie met hom of sy gesin sukkel nie.
My pa glo ’n mens moet die waarde van geld besef. Hy gee nie vir ons baie sakgeld of groot selfoonkontrakte nie. Hy het arm grootgeword en is altyd aan die kant van die underdog.
Hy is oopkop as dit by kêrels kom en vertrou ons oordeel. Soms bly hy vriende met ons kêrels lank nadat ons uitgemaak het. Maar as hy die slag nié van een hou nie, sal hy ons verbied om met hom oor die telefoon te praat.
Hy kyk dikwels geestelike video’s en Sondae gaan hy kerk toe. Hy het ’n droë sin vir humor en is obsessief-kompulsief oor baie dinge. Hy hou nie daarvan dat ’n mens oorskietkos mors nie en hy sal trotser op my wees as ek ’n winskopie losslaan as wanneer ek my graad cum!”
Verwante artikels
-
"Ek sal hom nooit los. Joost sou my nie deur dié hel sit"
SARIE - Junie 2009
Sy vertrou haar man, want sy weet wie en wat hy is, vertel Amor van der Westhuizen openhartig ná al die seksvideo-storms om Joost se kop. En sy glo daar’s ’n groter doel met hul swaarkry . . .
-
Amor Vittone praat eksklusief
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 108
Ja, sy het swaargekry, vertel Amor van der Westhuizen openhartig ná al die seksvideo-storms om Joost se kop. Maar sy glo daar’s ‘n groter doel met alles...
-
Hoe't jy gevoel toe...
SARIE - Desember 2010
-
Hoe't jy gevoel toe...(Charlene Truter)
SARIE - November 2009
...jy jou sukesvolle loopbaan in SA agterlaat om saam met jou man in Duitsland te gaan woon?
-
Mike Bolhuis se dogter
SARIE - Junie 2009
















Kry jou SARIE oral, enige tyd