Hoe't jy gevoel toe... Romanz jou liedjie opneem?
Foto’s: verskaf Galery
’n Liedjieskrywer van George, Adri van Nieuwenhuizen, het die liedjie “Journey of Hope” geskryf vir die jaarlikse Journey of Hope-veldtog.
15 borskanker-oorwinnaars ry dan met Harley-Davidson-motorfietse en Mercedes AMG’s van Kaapstad na Johannesburg ten bate van borskanker-bewustheid en om geld in te samel vir bors-rekonstruksies. Die mansgroep Romanz het só baie van die liedjie gehou dat hulle dit op hul CD opgeneem het.
"Ek was dankbaar en het ook nietig gevoel toe ek besef die liedjie werk en kan vir ander hoop gee. Ek het self herstel van borskanker en met dié liedjie wou ek iets teruggee en betrokke raak by die Journey of Hope-veldtog. Nadat ek dit geskryf het, het ek ’n paar platemaatskappye gebel en gevra of hulle nie betrokke wil raak nie.
Select-platemaatskappy het dit vir Romanz gespeel en hulle is dadelik daardeur geraak en wou dit opneem. Toe ek die eerste keer hoor hoe dié vier manne dit sing, met ’n volle verwerking met instrumente, was dit ’n gróót song.
Baie vroue met borskanker koester hul seer privaat en dis vir hulle ’n geweldige skok om met die dood gekonfronteer te word. Ek hoop wanneer hulle die liedjie hoor, help dit om die pyn ‘oop te breek’.
Die twaalf vroue wat verlede jaar aan die Journey of Hope deelgeneem het, het die lied gespeel oral waar hulle gestop het. My lied is nou die Journey of Hope-temaliedjie. Die veldtog word vanjaar vir die derde keer gehou, van 17 tot 24 Oktober. Nog ’n liedjie van my, ‘’n Stukkie son’, sal ook vanjaar gespeel word tydens die Journey of Hope-ritte.”
Luister na die liedjies op www.journeyofhope.co.za
Volg die Journey of Hope-reis op YouTube:
Verwante artikels
-
Adam van Romanz skrik groot
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 2
Die aantreklike Adam Barnard, een van die Romanz-manne, het vanoggend (11 April) teenspoed beleef toe hy en sy verloofde, Almitra Botes, drie keer in 'n bakkie op 'n grondpad gerol het.
-
Gesondheidnuus: Borskanker, oogtoetse en tandpyn
SARIE - Oktober 2009
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Janie du Plessis se hoop, vrees en lewenslesse
SARIE - Desember 2007
Janie du Plessis, suksesvolle sakevrou en motiveringspreker, kyk na binne.
-
Romanz
SARIE - Junie 2009
-
Romanz-manne wys hul gunsteling-foto’s
SARIE - Junie 2010
SA se eie Il Divo, die manne van Romanz, wys hul gunsteling-foto’s net hier op sarie.com.
-
Sonbrille teen borskanker
SARIE - Oktober 2009
In Oktober val die kollig op borskanker en Oakley het besluit om twee sonbrille spesiaal vir hierdie maand te ontwerp.
















Kommentaar