Kan ek jou glo?

SARIE - Junie 2010

Ek staan by 'n kruispad. Jy het eenkeer my hart gebreek. Nou krap jou SMS'e weer al die rofies af. Kan ek jou glo en jou 'n tweede kans gee?

Ek onthou die aand, byna ’n jaar gelede, toe jy kom sê het jy het tyd nodig. Tyd wat ’n hereniging met jou eks sou insluit. Daardie aand het jy my toekoms, drome en my hart in stukke gelos. Ek sien hoe my hart byna weer gesond is. Nou krap jou SMS'e weer al die rofies af en ek staan by ’n kruispad. Kwalifiseer vergifnis jou outomaties vir ’n tweede kans? Sal ek kan glo dat jou liefde vir my die letsels sal wegvat? Sal die vrees dat jy weer sal weggaan my weerhou om jou hierdie keer met my hele hart lief te hê?

Verward, Pretoria

 

Kommentaar

  • Liewe verward ek was self in daardie situasie - na 3 jaar was daar skielik weer kontak. Ons het lank en openlik gesels. Dit was seer en rou en baie trane maar ons het saam besluit oor die reels en die wat en die hoe. Vandag kan ek se ek is dankbaar oor my besluit want ons is so gelukkig. Hy het besef wat hy gehad het en bykans verloor het, nou maak hy seker hy verloor wat ons het nooit weer nie. Sterkte, en oorweeg alles - die mooi en die slegte, voor jy besluit

    29ste Jun. 2010, 14:12
  • Hallo Verward, Trek jou hardloop skoene aan en laat die wind deur jou hare waai - as hy dit toe gedoen het was hy nie seker nie so wat maak hom so seker hierdie keer. Dis swaar, ek praat van ondervinding maar daar is erens iemand vir jou wat net wag om te gebeur. Liefde en sterkte.

    28ste Jun. 2010, 14:46
  • Liewe Verward.... jammer as dit nie is wat jy wil hoor nie - ek persoonlik glo dat as n persoon skelm/ontrou/egbreuk gepleeg het, hy/sy dit weer een of andertyd sal doen.... sterkte vir jou en ek hoop jy maak die regte besluit, want eintlik is dit net jy wat daarmee gaan moet saamleef. Sterkte

    26ste Jun. 2010, 15:49

Web Development by FormFunction