Kurt se Dunay blog vir sarie.com uit Bollywood
Dunay se warrelwind-kuier in Indië staan einde se kant toe.
Maandag 12 Oktober
Gisteraand na die krieket gegaan en vir David Coulthard (Formula 1-renjaer) ontmoet. Ons is toe genooi na 'n plek met die naam van "Lap". Blykbaar is dit 'n VIP-uithangplek in Delhi... Publiek word nie sommer toegelaat nie. Dit was nogal 'n belewenis!
Lalit Modi se 15-jarige seun, Ruchir, was soos my en Genna se 'beskermheer' hierdie week. Hy het sy eie lyfwag en dinge word vir hom gedoen met die blote 'lig van 'n vinger'. Hy's vreeslik oulik, maar dis so hartseer om te sien hoe 'n 15-jarige kind, van een van die wêreld se mees invloedrykste mans, in die publieke oog grootword. Mens sal nooit dink hy's maar NET 15 nie... Hy tree so volwasse op.
Ons het vanoggend afskeid geneem van almal, want hulle gaan na die volgende stad agter die krieket aan, terwyl ek en Genna beide moet terug. Ek na Suid-Afrika om gereed te maak om na Amerika te vertrek - komende Donderdag - en Genna gaan Londen toe waar sy haar eerste album wil opneem.
Ek gaan nou bietjie laaste inkopies doen, voor ek my vlug 04h00 môre-oggend terug SA toe neem....
Vrydag 9 Oktober
Het die opening van die krieket gisteraand ONTSETTEND geniet!! Dit was 'n skouspel van danse, vuurwerke, musiek ens... Shaggy het weereens gesing, en Jamelia het haar bekende liedjie "Superstar" gesing (... I don't know what it is, that makes me feel like this, I don't know who you are, but you gotta be some kind of superstar, 'cause you got all eyes on you no matter who you are...).
Ek het vir 'n paar sekondes soos 'n regte Bollywood-aktrise gevoel, met mense wat aanhou foto's neem het omdat ek blykbaar soos die bekende sanger en Bollywood aktrise Katrina Kaif lyk. Almal het gedink ek is haar suster...
Vanoggend het ons gepak en na Delhi (Indië se hoofstad) gevlieg. Nou net geland en so vinnig 'n foto saam die Bollywood-akteur Ajay Devgan geneem. Ek lyk nie vreeslik goed nie, want ek is doodmoeg, maar kon nie die geleentheid laat verbygaan nie.
Ons is nou oppad hotel toe en dan is daar weer vanmiddag 'n krieketwedstryd, en 'n onderhoud met joernaliste oor ons opkomende Bollywood movie, 24 x 7 Raftaar, wat heel moontlik vroeg volgende jaar geskiet gaan word.
8 Oktober
Veilig in Indië aangekom - gisteraand (Wo 7 Okt) omtrent 18h45 (Indië-tyd is 3 en 'n half ure voor SA-tyd) nadat ek 'n volle dag gereis het. Kaapstad tot in Dubai, toe moes ek 6 ure wag vir my volgende vlug. Die vlug was in totaal omtrent 14 ure lank.
Ek het by die 5-ster hotel, Royal Gardenia, ingestap en daar was net oral kameras... Die hotel is ASEMROWEND!! Ons is hul eerste gaste nadat hulle 3 dae gelede oopgemaak het.
Ek het 'n vinnige sjampanje saam met Genna (nog 'n Miss Bollywood-wenner), Lalit Modi en die vervaardiger van die Bollywood-fliek, 24 x 7 Raftaar, geniet voordat ek inderhaas na my kamer toe is om 19h30 gereed te wees vir 'n funksie.
By die funksie aangekom, was die meeste van die krieketspelers daar en al die invloedrykste mense in Indië. Shaggy het op die verhoog verskyn en van sy bekendste liedjies soos "Angel" ("girl you're my angel, you're my darling angel.."), gesing. Hy't van die verhoog afgeklim en reg by my en Genna kom dans. Die volgende minuut herken ek 'n gesig hier reg langs my. Sy druk my, en ek is net so bly om haar te sien! Dis Shamone, Jacques Kallis se beeldskone meisie! Dit help nogal om bekende gesiggies te sien so in die vreemde.
Ons het na die funksie na 'n "afterparty" gegaan - by die rykste man in Indië se woning. Ek het hom nog nie ontmoet nie, maar wel sy 2 kinders, Layla en Syd.
Vandag gaan ons na die eerste 'T20 Championships League'-krieketwedstryd toe as eregaste, en dan is daar WEER 'n "afterparty". "Jet lag" of te nie! Dis my eerste keer in Indië en ek wil alles inneem!! Inkopies hier is blykbaar 'n PLESIER, want soos tipiese Indiese 'tradisie', hou hierdie mense van "bargain"!
So, dis ek vandag.. Ek en die strate van Indië. Gaan nou bietjie hierdie misterieuse plek verken..
Praat later weer.
Liefde Dunay
6 Oktober
Dis D-day!! Het vandag die voorblad van die Bruidsgids 2010 geskiet en is nou amptelik op pad lughawe toe om te vertrek na Indië!
Voel surrealisties, maar ek is gereed vir 'n ongelooflike belewenis! Het maar min goed gepak, want blykbaar is inkopies in Indië 'n MOET . . . Plus, ek KAN bargain! :-)
Ons drie Miss Bollywood-wenners (Ek, Genna en Dune) word onthaal as eregaste by die T20 Championships League-krieket-opening en sal dan op 'n latere geleentheid in die Bollywood-fliek 24 x 7 Raftaar verskyn.
My eerste keer wat ek so ver alleen vlieg . . . Het vlinders in my maag, weet nie of dit opgewondenheid of senuwees is nie. Vlieg 18:10 . . . 9 en 'n half ure vlug tot op Doebai . . . BESIGHEIDSKLAS!! Woohoo!
Chat weer wanneer ek land . . .
Verwante artikels
-
Dunay Nortjé (Kurt Darren se meisie)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
-
Dunay Nortjé - Kurt se verloofde
-
IPL eindig op 'n blink noot
SARIE - Junie 2009
Die nuwe Miss Bollywood is pas aangewys. Die gelukkige Dune Kossatz wen 'n sakereis na Indië waar sy 'n eerstehandse ervaring van die Indiese filmbedryf sal hê, en 'n rol teenoor bekende Bollywood-akteur Sharukh Khan sal speel.
-
Kurt Darren - Ster sonder skandes
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 3
Hy het van sy lang hare, oorbel en ’n paar ekstra kilo’s ontslae geraak en sy heupe gegooi – toe raak Kurt Darren só gewild dat vreemde vroue hul liefde bely. Boonop maak hy nooit moles nie.
-
Kurt Darren se gunstelinge
SARIE - April 2009
Eie Liedjie “Hemel op Tafelberg” is my diepste liedjie. Ek hou ook van “Standing on the Edge”. SA Musikante Theuns Jordaan. Hy’s talentvol, nice en praat nie net heeltyd oor homself nie. Ek luister ook graag na Watershed en The...
-
Vicky Davis oor die liefde, Gretha Wiid
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Ons het haar leer ken in Pasella en 7de Laan, maar Vicky Davis se lewe strek van Bollywood tot Rome. En sy't sterk menings - van Gretha Wiid tot Steve!





















Kommentaar
Nelia het gesê:
Julle maak n besondere mooi paartjie en lyk pragtig saam, en ons wens julle alles van die beste vir die toekoms toe.Dunay jy is pragtig en hou Suid-Afrika se naam hoog.Kurt hou so aan ons sal nooit moeg raak vir jou en jou musiek nie.
16de Des. 2009, 14:45wendy het gesê:
watter oulike mens en moenie praat van onse kurt julle stel sulke mooi ordentlike waardes vir die jong mense al wat ek wil se ons is trots op sulke mense kurt en dunay ek wens julle alles van die beste toe ...
13de Okt. 2009, 22:09hester het gesê:
dUNAY, JY IS DIE MOOISTE VROU OP AARDE. EK DINK KURT IS BAIE TROTS OP JOU EN SO OOK ONS HIERIN SUID AFRIKA. WEES ALTYD JOUSELF EN JY SAL BAIE VER IN DIE LEWE KOM. VOORSPOED EN ALLES WAT MOOI IS VIR JOU
12de Okt. 2009, 14:11Maretha het gesê:
Dis so cool!! Sterkte en geniet elke oomblik!
7de Okt. 2009, 09:38