Kyk waar kuier Michélle van Breda, SARIE-redakteur!

Deur Michélle van Breda, SARIE Julie 2010

Sy neem ons saam op 'n spesiale kuiertjie in die Hamptons buite New York.

"Vir een oomblik het ek gedink ek's in SA met die sakke en sakke vol vuvuzelas waarmee passasiers in helder sokker-T-hemde vanoggend ná 6 van vlug SA203 op JFK in New York afgeklim het!

Die gewoonlik streng manne by doeane was ook heel vrolik soos hulle hul Amerikaanse landsburgers van SA terugverwelkom het. Hulle het ook nie die geleentheid laat verbygaan om so 'n bietjie sokker tussen die vingerafdrukke deur te praat nie. En almal was dit eens: SA en die sokker was "amazing", "awesome"!

Nou sit ek hier in 'n lang slap swart motor op pad na die Hamptons so 2 ure buite New York - ek is saam met 'n paar ander internasionale tydskrifredakteurs vir 'n paar dae 'n gas van die skoonheidshuis Estée Lauder. Hul luukse-velsorgreeks, Re-Nutriv, word dié jaar 50 en dit word by Aerin Lauder se huis in die East Hamptons - bekende speelplek van die rykes en bekendes - gevier. Sy't dié huis van haar ouma, Estée Lauder, geërf. Môreoggend is dit juis "brekfis" in die tuin.

AERIN LAUDER

Aerin Lauder

DIE EERSTE INDRUK MET MY AANKOMS

Groot nuus hier is die versengende hitte! Glo die ergste in New York sedert 1993... 'Big Apple is baking' is die koerantopskrifte en 'hot as hell, dirty, nasty, sweaty!" is hoe New Yorkers kleurryk vanoggend praat oor die 38 grade Celsius wat die stad en omgewing sedert Saterdag teister. My lyf is behoorlik in skok ná die koue die afgelope weke in SA.

Ringo Starr, die Beatle wat vandag 70 is ("We luv you man!" sê die Yanks), en 'n huilende Lindsay Lohan, wat gister gehoor het sy gaan vir 90 dae in die tronk sit nadat sy haar paroolvoorwaardes vir 'n vorige dwelmoortreding verbreek het, is als deel van radiogesprekke in New York vanoggend.

Ook die arme Queen, wat al 60 jaar op die troon is, het gister se hitte getrotseer en die VN seker vir die laaste keer toegespreek en vir wêreldvrede gepleit (Sy't 52 jaar gelede, toe sy 31 jaar oud was, laas die VN toegespreek!) Haar ligblou sy-rokkie het darem seker 'n bietjie gehelp. Vir haar ouderdom is sy eintlik fenomenaal.

Nou moet ons net bid vir vanmiddag se donderstorm wat 'n bietjie verligting kan bring. Want hoe lyk 'n mens elegant in linne en jou beste hoëhakskoene in dodelike hitte soos dié!

Ek hou julle ingelig.

Groete uit 'n warm, maar opwindende New York. En geluk aan Nederland en al die "oranje mense". Die vlieënier het ons darem elke halfuur of so ingelig oor die wedstryd en 'n gejuig het opgegaan oor hul oorwinning!

Nou vir die eindstryd... Ek moet erken ek het sokker-onttrekkings. Het met my drywer probeer praat, maar hy sê basketbal is sy ding. Dáár kry jy my nie..."

- Michelle

* Só lyk die pragwoning van Aerin Lauder in die East Hamptons waar Michélle dié week 'n spesiale gas is. Gaan na www.elledecor.com om deur al die mooi foto's van die huis te blaai.

* Op pad na die Hamptons, ry Michélle verby bloubessie-plase. Wat is dan nou meer Amerikaans as 'blueberry pie'?! Probeer Herman se bloubessiewafels met vanielje-crème fraîche en stroop. Heerlik!

Die pragtuin van Aerin se East Hampton-huis

Verwante artikels

Galery

  • Michélle van Breda
  • Aerin Lauder
  • Die pragtuin van Aerin se East Hampton-huis
  • Hoofsitkamer vol antieke meubels
  • easthampton5.jpg
  • East Hamptons eetkamer
  • Sitkamer met skilderye uit die 18de eeu
  • Die biblioteek
  • Die hoofslaapkamer met materiaal teen die mure
  • easthamptons11.jpg
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • 'n Tipiese huis in East Hampton
  • East Hampton-biblioteek
  • Nog Amerikaanse vlae...
  • Amerikaanse vlae hang oral
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Pragtuine by die Hamptons
  • 'A little of what you fancy'-winkel
  • img_0215.jpg
  • Die winkels is ook met die Amerikaanse vlag versier
  • Krismis-rose in blom en in die winkelvensters
  • Krismisrose in volle blom in die Hamptons
  • Krismisrose in volle blom in die Hamptons
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle se besoek aan die Hamptons - foto's
  • Michélle van Breda, Aerin Lauder en nog 'n gas
  • Michélle van Breda en Aerin Lauder
  • img_0239.jpg
  • Hamptons-by-die-see
  • Hamptons-by-die-see

Kommentaar

  • Wat 'n heerlike blitsbesoek; geniet elke oomblik. Gelukkig is jy betyds terug om jou tweede passie (na SARIE) die sokkerfinaal tuis te kyk. Veilige reis terug. Marie-Louise

    8ste Jul. 2010, 16:54
  • Sjoe Michelle jy is bevoorreg! Die huisfotos is pragtig en ja, Estee Lauder is tops van velsorg tot parfuum bly dit my groot gunsteling.... geniet jou kuier met die 'grend' mense.. groete

    8ste Jul. 2010, 08:32
  • Haai Mich. Steel met ons almal se oe en vertel!!! Wow wens ek kon sommer 'n weskus 'mongoose' in jou tas wees!!! Geniet en asseblief VERTEL!! Bella.

    7de Jul. 2010, 19:09