Mathys Roets se eerste TV-onderhoud op Kwêla
Coenie de Villiers, aanbieder van Kwêla op kykNET, het by sy vriend Mathys Roets gaan kuier. Kyk die aangrypende Kwêla-insetsel hier
Op 6 April vanjaar het Mathys Roets se lewe onherroeplik verander toe hy ná 'n motorfietsongeluk die gebruik van sy bene verloor het. Sy eerste TV-onderhoud hierna was met Coenie de Villiers op Kwêla, vanuit die rehabilitasiesentrum waar hy terapie ondergaan. Hy vertel vir Coenie wat tydens die ongeluk gebeur het en hoe hy stadig, maar seker besig is om te herstel. Hy meen dis die ondersteuning van sy vriende en familie wat hom deur sy beproewing dra.
Coenie gesels ook met sy seuns en Mathys vertel van die ongelooflike ervaring toe hy sy verskyning by die konsert vir Mathys in die Aula-teater, Pretoria, gemaak het.
Klik hier vir die Kwêla-insetsels.
Lees ook oor Coenie de Villiers se onlangse prestasies.
Verwante artikels
-
Die land dink aan Mathys Roets
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 20
In die tente, by die stalletjies, om tafels en op verhoë by 2009 se KKNK is daar net een man op almal se lippe - hoe dit gaan met die sanger Mathys Roets na 'n motorfietsongeluk.
-
Dr. Cival Mills
SARIE - September 2009
-
Eksklusief - Mathys Roets oor sy seer
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 8
Sy hart is stukkend oor sy egskeiding, sê dié sanger. Maar hy en sy eks-vrou probeer sáám om dit vir hul twee seuns makliker te maak
-
Met Mathys - Só kan jy Mathys help
SARIE - April 2009
Kunstenaars, mense met kragtige motorfietse en gholf-geesdriftiges span almal saam vir ’n reeks konserte en gebeure onder die vaandel "Met Mathys"
















Kommentaar
Suzette Laten het gesê:
Mathys, hou aan sing..... Leonard Cohen is ons favourite songs van jou.... Hou aan sing vir ons!!!!!! Tata Suzette Laten
13de Aug. 2009, 21:22