Melanie du Bois se boodskap aan SARIE-lesers
"Ek wil regtig vir SARIE bedank wat my die kans gegee het om my storie te vertel, om vir vroue soos ek ‘n stem te gee.
En ‘n baie spesiale dankie aan elke liewe leser wat haar hart vir my oopgemaak het, en saam met my gehuil het. Die oorweldigende reaksie het my pyn ‘n doel gegee, en vir vroue wat sukkel met onvrugbaarheid het dit ‘n stem gegee. Soveel vroue het my voorgekeer om hul eie storie met my te deel, of die storie van ‘n geliefde.
Ek het nog altyd alleen gevoel en om hierdie dagboek te doen was regtig vreesaanjaend. ‘n Mens weet nooit hoe mense sal reageer nie. Aan al daardie vroue wat, soos ek, daarna smag om ‘n baba te hê – ek wens jou moed en sterkte toe om te hanteer wat ookal oor jou pad kom.
God se seën"
Melanie
In die Augustus-uitgawe van SARIE skryf Melanie haar laaste dagboek-inskrywing. Nóú te koop!
Lees haar ander inskrywings:
Verwante artikels
-
Melanie du Bois se hoop, vrees en lewenslesse
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 15
Sy het ná twee buisswangerskappe in vitro-bevrugting ondergaan – en ’n dogtertjie ryker geword. Noudat Roxy groter is, doen Melanie (Felicity van 7de Laan) dit weer.
-
Melanie du Bois: My in vitro-dagboek (deel 3)
SARIE - Junie 2009
Die opwinding en my groot teleurstelling...
-
Melanie du Bois: My in vitro-dagboek (deel 4)
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 8
In vitro-bevrugting is vir Melanie du Bois (Felicity van 7de Laan) ’n emosionele pad. Ná ’n onlangse miskraam skraap sy moed bymekaar en probeer weer. Vir haar is dit nou ‘D-dag’
-
My in vitro-dagboek - Melanie du Bois
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 15
Die onsekerheid, spanning, trane, en dan die vreugde ... Nadat sy met behulp van in vitro-bevrugting ma van klein Roxy geword het, stap Melanie du Bois (Felicity van 7de Laan) nou weer dieselfde pad. Sy hou vir SARIE dagboek
















Kommentaar
Eldridge het gesê:
Hi my naam is Eldridge en wil graag met Corne vitor in verbinding tree is daar moontlik email address van haar dis inverband met die inviro trust wil graag weet hoe dit werk en wat moet mens doen om aansoek te doen, Ek en my vrou probeer nou al vir 9 jaar maar niks werk nie en geld is daar ook nie vir behandeling nie HELP VIR ONS ASB email address is ecreeding@gmail.com
5de Okt. 2009, 19:52Riana Sinden het gesê:
Baie sterkte, Melanie. Ek en my man (na baie lang besprekings) het ouers geword danksy die ICSI roete (emotional rollercoaster!). My babadogtertjie is nou 6 maande oud. Ek dank die Liewe Vader elke dag vir ons pragtige geskenkie en wens ek kon vir haar 'n maatjie gee. Ons het daarteen besluit om weer swanger te word; die eina/terleurstellings, die hoop en trane van terleurstelling en blydskap sal ons altyd by bly. Cara was deel van 'n tweeling, maar agv komplikasies het ons haar boetie/sussie verloor. Aan alle mammas wat smag vir 'n bondeltjie liefde, ek wens julle alle sterkte! 'n BAIE GROOT dankie aan Ginomed en Wilgeheuwel wat ons droom verwesenlik het. En 'n innige, onstettende groot dankie aan ons Hemelse Vader ... Vriendelike groete, Riana Johannesburg
16de Jul. 2009, 12:13