"My vrou is bipolêr depressief"

SARIE - Mei 2010

"Ek het self die pyn van depressie ervaar - ek verstaan beter." John Gradidge moes 'n steunpilaar vir sy bipolêr-depressiewe vrou wees, maar omdat hy self depressie ervaar het, verstaan hy haar en hulle verhouding beter. Hy vertel sy storie

'Ek het self die pyn van depressie ervaar - ek verstaan beter'

Chantelle Gradidge (37) van Pretoria het reeds op skool geworstel met die onvoorspelbaarheid van bipolêre depressie. Sy is egter eers baie jare daarna (in 2003) daarmee gediagnoseer toe sy al 'n geskeide ma was van drie kinders en vyf maande in 'n verhouding met John (38), haar huidige man. Haar boek Treasures of Darkness - Finding Light in the Shadows of Depression het in Desember 2009 verskyn. Hulle het saam ses kinders.

GROOTSTE UITDAGING

"Ek was bewus van die diagnose, maar ek het nie regtig geweet waarin ek myself begewe nie. Sowat twee jaar nadat Chantelle gediagnoseer is, is ons sewe maande uitmekaar weens baie misverstande en gebrekkige kommunikasie.

Maar die wete dat sy bipolêr is, het nie my liefde vir haar geaffekteer nie.

Ek wou haar steeds terughê. Vir my is die grootste uitdaging my eie jaloesie en verwarring. Ek is dikwels onseker waar ek staan in ons verhouding. In 'n depressiewe fase beteken ek die wêreld vir haar en het sy my steun broodnodig - die totale introvert.

Maar in 'n maniese fase raak sy die uitgaande, flankerende ekstrovert. Ek voel dan ek is net 'n kruk om op te leun as sy af voel. Gelukkig is sy nou meer stabiel, en haar goeie en slegte tye is gematigd."

MY ROL HET VERANDER

"Aanvanklik het dit my goed laat voel om die versorgende, ondersteunende een te wees. Maar ek het al hoe meer selfgesentreerd geraak, wat die situasie net meer onstabiel gemaak het. Omdat Chantelle nie regtig haar gevoelens met my gedeel het nie, het ons dikwels gestry as haar buie so wissel.

"Ek het egter onlangs self weens stres in 'n diep depressie verval, en nou weet ek werklik hoe dit voel, ek het daardie pyn ervaar. Ek het meer begrip vir wat sy moet deurmaak en my ingesteldheid het heeltemal verander. Ek probeer haar werklik die ondersteuning en onvoorwaardelike liefde gee wat sy nodig het."

RAAD VIR MANS IN MY BOOTJIE

"Hardloop! Nee, ek terg net . . . ek het geleer as jy iemand liefhet en trou, beloof jy om jou te commit, ongeag die struikelblokke. Leer soveel moontlik oor die siekte. Of sluit aan by 'n ondersteuningsgroep. As sy werklik af voel wanneer jy die dag wil gholf speel, wees bereid om die dag op te offer om haar te ondersteun. Sy het jou liefde en sorg nodig.'n Goeie ondersteuningstruktuur van familie en vriende is ook belangrik.

"Chantelle is 'n liefdevolle mens. Sy het empatie met ander wat seer het, en gaan uit haar pad om te help. Haar kinders beteken vir haar so baie, en sy voel dikwels skuldig as sy moeg en terneergedruk voel en nie die ma kan wees wat sy graag wil wees nie. Sy is 'n fantastiese maat - en my beste vriend.

"As ek in die verlede net meer probeer het om te verstaan, kon ons baie pyn en verwyte voorkom het."

Wat ek nou weet

As die siekte reg behandel word - met die regte medikasie, en die ondersteuning is daar - is daar baie min om te vrees.

Gebed werk ook! Ek glo God sal my help om by my vrou te staan as ons dalk in die toekoms enige terugslae ondervind.

Die ergste ding wat jy kan doen as jy jou lewe met 'n bipolêre depressielyer deel, is om selfgesentreerd te raak. Dit veroorsaak net meer onstabiliteit.

 

Verwante artikels

Kommentaar

  • My skoondogter is gediagnoseer. Tweeling wat nie weet waar hoort hulle nie. My hart breek, ek wil vlug, maar kan hulle nie los nie. Om saam met so iemand te lewe is loutere hel wat ek nie dink enigiemand verdien nie. Al wat on skan doen is om te bid, gelukkig weet ek dat by God niks onmoontlik is nie!

    9de Jan. 2012, 15:37
  • Ons het vriende en die vrou is met bipolere sindroom gediagnoseer. Sedertdien het ons ons bietjie distansieer van hulle gesin aangesien sy allerhande vals beskuldigings rond gooi en totaal en al aan vervolgenswaansin ly. My hart gaan uit na die man en die kinders aangesien haar siekte ongelooflik traumaties is vir die hele gesin en elke keer na sy 'n laagtepunt bereik het is daar so baie seer en voordat dit ten volle herstel is of net weer vrede gemaak is en gese is ek is jammer, dan gebeur dit weer. Sy was al verskeie kere weg vir behandeling, maar daar is net geen resultaat nie. Sy het ook al verskeie kere probeer selfmoord pleeg en die inpak van die verleentheid, die gemors en die medies laat elke keer letsels. My logika kan nie vir my se dat sy ooit sal beter raak nie en ongelukkig lei haar pragtige gesin ongelooflik daaronder. Soms wonder 'n mens wat sou met haar gebeur as hy van haar sou skei om sy kinders te beskerm en vir hulle 'n beter huis te gee? Moet sy nie maar eenkeer hard genoeg probeer met haar selfmoordpoging sodat sy kan klaarmaak met dit wat sy die graagste wil doen nie. Dit is 'n ongelooflik uitmergelende situasie vir 'n huwelik, 'n man en kinders.

    3de Okt. 2011, 12:30
  • My vrou is 4 dae terug gediagnoseer met Bipolere depressie. Sy lei al vir jare aan depressie. Die afgelope paar maande het sy egter 'n persoonlikheids verandering ondergaan. Alhoewel ek dit vir haar en ons huisdokter gese het, het hulle my aanvanklik nie ernstig opgevat nie. Nou twee maande later het sy by 'n psigiater uitgekom. Die diagnose is gemaak dat sy bipoler is. Om eerlik te wees was ek uit my vel uit want nou het ek ten minste geweet waarmee ek te doen het. Haar medikasie vir depressie is gestaak en dit is nou die vierde dag wat sy op haar nuwe medikasie is. Kyk, nou is die hel los. Op die stadium is ek die teiken vir al haar woede, frustrasie, skok, jy noem dit. Tot so 'n mate dat sy my gisteraand ingelig het sy wil skei. Dit is vir haar "n geweldige skok dat sy Bipoler. Vir my is dit nou vasbyt, ek glo en vertrou dat die 'n stadium is waardeer sy moet gaan. Reg / verkeerd? Dis hier waar ek in die duisternis is en hulp nodig het. Ek is steeds lief vir haar en sal by haar staan deur dik en dun. Ek gee haar nou ruimte want dit is wat sy gevra het. Sy het op hierdie stadium haarself verloor, Al wat ek nou doen is oplees oor Bipolariteit. Enige raad sal waardeer word. Is ek op die regte pad deur haar ruimte te gee en net daar te wees. Die kinders verstaan ook nog nie mooi, hoekom Mama net skreeu en baklei nie

    1ste Sep. 2011, 11:43
  • SODRA EK DINK EKS OK DAN VAL MY WERELD IN DUIE. EK STOOT ALMAL WEG EN DAN WANNEER DIT TE LAAT IS, IS EK NOU DAAR WAAR EK NIE WIL WEES NIE. EK GAAN VAN ALLE OORDE NA OORDE. DAN EET EK GLAD NIE. NIKS NIE LEWE OP COKE DAN WEER DAN EET EK ALS WAT VOORKOM DAT EK SIEK IS VAN DIE BAIE KOS.

    17de Jun. 2011, 10:22
  • Ek dink my verloofde lui hier aan... hyu sal nie saam stem nie...en sal se hy is nie mal nie, hy drink ook baie wat dit erger maak!!!! hy sal dit ook nie erken nie...hoe kan ek maak dat hy dit sien?

    4de Apr. 2011, 16:01
  • Ek is 18 jaar gelede gediagnoseer met major depressie, maar vanoggend het daar vir my lig opgegaan dat dit eintlik bipolEre depressie is. Ek is nie mal nie~ek raak ook nie mal nie. Dit is die maniese fases wat ontstaan, terwyl ek op medikasie is alreeds vir 18 jaar. Ja John, my man sal PRESIES saamstem met: Hardloop! Ek kan goed verstaan hoekom mense SKEI. En wat my STOMSLAAN is dat HIERDIE VROU KANS!! GESIEN HET OM AL DIE KINDERS TE BAAR. VROU, JY IS DAPPER. Ek het net vir EEN !!!! kans gesien. Daarna my laat steriliseer, want ek is 'n tuisblyMA en glo aan alles SELF DOEN. SJOE! hoe het jy reggekry om deur so klomp kinders te gaan? Sal jou boek moet lees. Dis seker net drie wat uit jou liggaam gebore is - Liefde C.

    18de Mar. 2011, 21:57
  • Hi Johanna Bipolar depression was previously known as Manic depression. It inolves extreme mood swings, not just your normal "every day" moods, but moods that can cause dysfunction and total chaos in one's life. Today you could be manic - possibly going on an uncontrollable spending spree/ having irresponsible sexual relationships/ neglecting your daily responsibilities to do uncharacteristic things to try get rid of your excess energy, and tomorrow you could be locking yourself in your room, not wanting to see or speak to anyone, and not having a single ounce of energy to do anything - basically just wanting to die! You can find out more at www.sadag.co.za

    1ste Mar. 2011, 16:24
  • Kan iemand my assb verduidelik presies wat is bipolere depressie? Dankie.

    14de Mei. 2010, 20:19
  • John, baie baie dankie dat jy bereid was om hieroor te praat, en dankie ook vir Chantelle dat sy jou dit ook laat praat het! As jy maar net kan weet hoe baie dit beteken om te lees wat julle ervaar het. My sussie is ook so 15 jaar gelede gediagnoseer met bipolere depressie en ons almal moes toe leer wat dit is - ek voel dat elke storie soos julle s'n vir duisende mense iets beteken. As mense maar net kan besef dat alle "normale" mense een of ander probleem of siekte kan kry, maar dat ondersteuning en onvoorwaardelike aanvaarding soos tussen julle, kan die donker in LIG verander. Hoe wonderlik dat julle 6 kinders het rondom julle, wat sekerlik ook julle toewyding aan mekaar as huweliksmaats sal leer dat die lewe nie eenvoudig is nie, maar dat gesinslede daar is om mekaar in goeie EN slegte tye te steun. Mense het soveel simpatie as 'n persoon bv kanker of suikersiekte kry, maar met die regte inligting oor bipolere depressie, kan mense ook besef dat dit dieselfde is: 'n siekte waaroor daardie persoon min beheer het, en dan hoe om dit SAAM as gesin, en veral huweliksmaats, te hanteer. Weer eens baie baie dankie vir alles wat jy bereid was om te deel - dit was so 'n inspirasie om te lees!!

    11de Mei. 2010, 12:32
  • EK kan my so vereenselwig me tjou storie - behalwe dat ek die ma is van 'n dogter wat bipolere depressie het. Ek het gedink dis net 'n ma se liefde wat dit kan hou en verstaan. Haar man kon nie. Ek het net prys vi rjou John, dat jy jou vrou so ondersteun.

    11de Mei. 2010, 08:05

Web Development by FormFunction