Nóg 'n sarie.com-blogger se boek verskyn
Tanya O'Connor, bekend vir haar sarie.com-blogs, Hallo, lewe!, het dit pas in boekvorm gepubliseer.
Tanya O’Connor (42) se blog vertel van ’n vrolike vrou wat weet hoe om te oorleef. Haar eerste man is in haar arms dood ná ’n motorfietsongeluk. Sy het weer liefde gevind, het swanger geword ná ’n miskraam en is nou die trotse ma van klein Rory. Só het sy in die Julie-uitgawe 2010 van SARIE haar lewenspaadjie gedeel:
"In September 2003 wag ek by die renbaan vir Tony, my man, wat ook my grootste ondersteuner as aspirant-renjaer is. Toe kom die oproep: ‘Kom dadelik, Tony het met sy motorfiets geval.’
Ek stop by die toneel. Hy lê in ’n donga. Ek hardloop na hom toe, druk deur die paramedici. Omhels hom en hou hom versigtig vas. Hy sterf in my arms.
’n Week ná sy dood gaan ek sy as haal. Ek is alleen. Ek stap deur die tuin, vee my hande oor die laventel wat hy geplant het.
My trane proe sout op my tong. Ek kyk in die spieël: Is dit ek? Tony sou gesê het: ‘Ag nee, ou girl, verf jou gesig.’ Ek besluit om my gesig te verf vir die lewe. Rooi lipstiek, maskara, onderlaag . . .
Ná Tony se dood waai ek koebaai vir die mynhope. Wildernis se ongerepte strand sal my hart heel maak. Ek skryf my hartskeur neer met ’n inkpen. Ek skryf my stukkende siel heel. Ek kan weer lag as ek aan Tony dink.
Drie jaar later ontmoet ek Paddy O’Connor, ’n Ier. Die Desert Run, ’n harde tog deur die Namib op veldmotorfietse, bring ons bymekaar. Ons het dit albei voltooi.
Maande later trou ons in ’n klipkatedraal. Ek word elke dag omarm met onvoorwaardelike liefde. Toe kom die wonderwerk op ’n skerm, ’n klein kolletjie hartklop-lewe. Die hartjie klop vir net agt weke. Die pyn is ongekend. Ek en Paddy huil saam. Onlangs gaan ek dokter toe met griep. Ek is weer swanger! Klein Rory raak meer mens met elke sonarfoto en word op
14 September verwag – dieselfde dag in 2003 toe Tony dood is.
Ek skryf ook nou aan ’n boek – Hallo, Lewe – waarin ek alles oor my hartseer en geluk deel. Ek het nooit hoop verloor in die lewe en in liefde nie." - Tanya.
.............................................................................
Haar boek, Hallo, lewe!, is ook aan haar seuntjie opgedra. In haar boek skryf sy oor wat vir haar van dag-tot-dag werk. Hoe sy elke dag vir die lewe sê: Hallo, lewe, ek gaan vandag leef en lewe! Sy het juis begin blog om die inspirasie wat elke dag oor haar lewenspad kom te deel met ander. Haar blogs op 'n groot Sondagkoerant se webblad is die mees gelese. Só word tussen 500 en 1 000 gebruikers élke dag geïnspireer.
Bestel jou kopie nou by On The Dot by 0861 668 368.
Prys: R139.00
Só het Tanya gevoel toe sy haar boek vir die eerste keer in haar hande vashou!

Die boek word uitgegee deur Naledi.
* Tallie, ook 'n sarie.com-blogger, het ook pas haar boek uitgegee.
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger Tallie se boek nou op die rak!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
"Skat, ek is ge-retrench." Dis woorde wat menige vrou (en man) in dié dae vrees. Vir Carol Langenhoven het dit ’n nare werklikheid geword.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.


















Kommentaar