Nóg wenke van 'n bobaas butler: Skottelgoedwasmasjiene, lakens...
Moets en moenies vir 'n skottelgoedwasser
Anton van Deventer, hoof-opleier by die SA Butler-akademie, sê:
- Ja, dit ís 'n goeie idee om al jou vuil skottelgoed vinnig af te spoel voor jy dit in die skottelgoedwasser pak! Moet veral geen skottelgoed waaraan aartappel vassit net so inpak nie - dit sal alles vuil maak. Spoel dit eers goed af.
- Ysterpotte en -panne is nie bedoel vir die skottelgoedwasser nie. (Aluminium- en staalpotte kan wel so gewas word). Ook nie enigiets met silwer op die rante nie - die silwer sal van kleur verander. Jy kan egter jou messe, vurke en eetgerei van vlekvrye staal in die skottelgoedwasser sit.
- Die volgende moet slegs met die hand gewas word: soliede of plaatsilwer messegoed, ivoorhandvatsels, ''hollow handled cutlery'', pewter, fyn porselein, melkglas, kristalglase, houtbakke en voorwerpe met houthandvatsels of hewwe.
- Gooi een keer per week 'n halwe koppie Jik in die skottelgoedwasser, laat dit vir 'n uur staan en laat dit dan een volle siklus teen 'n hoë temperatuur loop om kieme dood te maak
Wenk 3: Ek's moeg om lakens te stryk!
Anton van Deventer, hoof-opleier by die SA Butler-akademie, sê:
Moenie lakens en duvetoortreksels in die tuimeldroër sit nie - jy gaan jousef ure se strykwerk besorg. Die geheim is om jou wasmasjien op 'n hoë spin te stel (was teen 30 grade C). Hang dan jou lakens op die wasgoeddraad - en jy sal dalk nie eens nodig hê om te stryk nie
Verwante artikels
-
'n Bobaas butler gee raad: Só bly jou handdoeke sag
SARIE Maart 2010
Sarie.com het die hulp van 'n professionele butler ingeroep om 'n paar huishou-wenke met jou te deel. Hoe hoe jy sag en silwerskoon? Hy gee raad
-
Alida Hoffmann: Afgerig vir die lewe
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
-
Help, ek kan nie meer huishou nie! ‘n Butler gee raad
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Dis werk, kinders grootmaak en dan moet jy nog die huis ook probeer reghou. Hier’s jou antwoord: Ons het ‘n bobaas-butler die kuns gaan afvra. Maar eers vertel hy van sy tyd saam met Uma Thurman
-
Sally Chalmers: Kom uit jou roetine uit
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
-
Toy Joubert: Kan weer verhoudings met ander mense hê
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
-
Wens jy jy't 'n butler gehad? Julle vertel
















Kommentaar