Ook ’n ‘hapy chappy’, maar ...

SARIE Julie 2010

Ek reageer op jul brief (“Die diagnose” – Annette Voigt, Klein-Brakrivier, Julie 2010). Ek het presies alles beleef soos wat Annette verduidelik het. Ek was vir weke in die hospitaal oor pyne wat eenvoudig net nie bedaar nie, en by soveel dokters.

 

Ek is ook vir depressie behandel. Op my laaste besoek aan ’n dokter in Rustenburg het hy ná ’n ondersoek dadelik vasgestel ek het fibromialgie (Fibromialgie - die pynlike waarheid: SARIE, Junie 2010).

Volgens hom het dit moontlik begin met die dood van my matriekdogter, vyf jaar gelede. Ná Mishelle se dood het my lewe heeltemal verander. Ek kan eintlik glad nie 2009 onthou nie. Dokters meen dit naskok. Ek is ook ’n “happy chappy”, net soos Annette. ’n Mens moet maar baie hard werk aan hierdie gevoelens, want jy’s nog elke dag bewus daarvan. 

Ek pyn van kop tot tone. Dis soveel erger as jy net effens ontsteld is of as jy die dag nie lekker voel nie. Die dokters beveel oefening aan, maar jou spiere wil geen gewoel hê nie. Ek kan nie my arms behoorlik gebruik of lekker loop nie. Geen pynpil bring verligting nie. 

Ek het ’n suksesvolle besigheid in die skoonheidsbedryf, maar kan nie meer my werk in my salon doen soos voorheen nie. Ek kan glad nie konsentreer nie. Ek lees iets, maar kan daarna niks daarvan onthou nie. Dis vreeslik. Mense moet eers weer vir my ’n storie vertel voordat ek dit weer onthou.

Ek is baie aktief in die gemeenskap, maar my siekte tas alles aan, self my spraak. Ek moet eers ’n hele sin uitdink voordat ek begin praat. Ek hou van my taal, maar my woordeskat het so versleg dat dit my selfbeeld knou.

Dankie vir die herkening van ons probleem.

Nog ’n lyer, Randfontein

Verwante artikels

  • Eindelik verlig terapie my pyn

    Eindelik verlig terapie my pyn

    SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1

    Ek is 66 jaar oud. Ek is in Junie 2002 met ’n baie aggressiewe borskanker gediagnoseer. Die prognose was 7% kans om 5 jaar te oorleef. Maar my positiwiteit het tot die onkoloog verbaas. Dit was nie maklik nie, maar dit het goed gegaan met die chemoterapie.

  • Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 1

    Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 1

    SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7

    Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.

  • Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 2

    Fibromialgie: Die pynlike waarheid - deel 2

    SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 10

    Dit het ’n lastige naam en slegte reputasie. Meestal vroue ly daaraan – onverklaarbare pyne, styfheid en moegheid. Jare lank moes ons hoor dis depressie of stres. Nie meer nie.

  • Fibromialgie: Pas jou dieet só aan

    Fibromialgie: Pas jou dieet só aan

    SARIE - Junie 2010

    Navorsing oor kos en FMS is beperk, maar dit kan nie skade doen om die volgende wenke te probeer nie.

  • SARIE-briewe Julie 2010

    SARIE-briewe Julie 2010

    SARIE Julie 2010

    Adri Viviers van Limpopo wen R250, asook ’n 50 ml- en 100 ml-bottel Eaudemoiselle de Givenchy van R1 665. Die geur is vroulik en gesofistikeerd, en verrassend delikaat met note wat in ’n sitrus-duet van nartjie en Italiaanse winter-suurlemoen ontplof.

Kommentaar