Piet Grobler oorsee bekroon

SARIE - Oktober 2009

Piet Grobler, wat onlangs aangestel is as senior lektor aan die Universiteit van Worcester in Engeland, is onlangs meermale op internasionale vlak bekroon.

Op die biënnaal vir kinderboek-illustrasies in Bratislawa (die grootste in sy soort) is Piet met die Goue Appel-toekenning bekroon vir sy werk aan die boek Colours! Colores! deur die Mexikaanse digter Jorge Lujan. Dit het ook die Alberto Burnichon-2008/2009-prys op die Cordoba-boekeskou in Argentinië verower.

Vroeër het hy die bronsmedalje vir Die Spree met Foete en Een slukkie Padda ontvang.

Oorspronklike illustrasies van Grobler sal by die kortlysboeke-uitstalling van die Goue Penseel-Prys uitgestal word (die grootste vir prenteboeke in Nederland). Dit sluit in werk vir Ballade van de Dood deur Koos Meinderts en Harrie Jekkers.

Bron: Die Burger (www.dieburger.com)

  • Piet Grobler het SARIE rubriekskrywer, Izak de Villiers, wat onlangs oorlede is, se rubrieke geïllustreer. Lees Izak se rubrieke

Verwante artikels

  • Geskenke

    Geskenke

    SARIE - Desember 2007

    Ek het al dikwels gewonder wat Josef en Maria met Jesus se geskenke gemaak het: Die goud, wierook en mirre – geskenke aan ’n koning, priester en profeet – wat die Oosterse wyses, oftewel sterrekykers, gebring het.

  • Kunstenaars

    Kunstenaars

    SARIE - Junie 2007

    Ek het pas die gewilde historikus Paul Johnson se nuutste werk, Creators: From Chaucer to Walt Disney, aangeskaf. Ek het gereken dit gaan sorg vir lekker lees, maar hierdie een is ’n vrot eier.

  • Liedjies van toet

    Liedjies van toet

    SARIE - November 2008

    Onlangs luister ek na ’n groep Duitse studente (let wel, nie ’n koor nie) wat lustig saamsing, waarskynlik in ’n studentekroeg.

  • Skep jou eie seremonies - Piet Grobler vertel

    SARIE - Julie 2008

    Die soengroet voor jy die pad werk toe aandurf, daardie gereelde pot tee saam met vriende, die aansteek van kerse met skemertyd, die pak van die kaggel vir vanaand se saamsit, die lees van 'n slaaptydstorie vir die kinders ...

  • Tradisie

    Tradisie

    SARIE - Junie 2008

    Op 2 Maart vanjaar was my ou hoërskool, Paarl Gimnasium, 150 jaar oud – een van die oudste skole in die land, indien nie die heel oudste Hollands/Afrikaanse skool nie.

  • ’n Woord betyds

    ’n Woord betyds

    SARIE - Oktober 2006

    Enkele maande gelede het ek besoek afgelê by Audrey Blignault, wat lank saam met my hierdie rubriek hanteer het. Klein en goed versorg, met haar Attie aan haar sy, het ons lekker oor poësie gesels.

Galery

  • Piet Grobler se illustrasies
  • Piet Grobler se illustrasies
  • sr0807selfhoof07cut.jpg
  • Piet Grobler en sy dogterjie, Katherina.

Kommentaar