SA weduwee ná Air France-lugramp: "Ek gaan nou self sy as haal"

Deur Marguerite van Wyk, SARIE Desember 2011

Môre (1 Desember) vlieg Alet Heine van Somerset-Wes, weduwee van Erich, wat twee en 'n half jaar gelede vermis geraak het op vlug 447 (saam met 277 ander passassiers) tussen Rio de Janeiro en Europa, na Parys om sy as te gaan haal. Marguerite van Wyk het met haar gesels.

"Ek wou by wees by die verassingseremonie by die Père Lachaise-begraafplaas in Parys, maar toe hou hulle dit Maandag sonder my. Ek was só hartseer en sommer geïrriteerd, want ek het my daarop voorberei. Ek gaan sy as nou self haal.

"In Mei is 105 lyke die eerste keer in die Atlantiese Oseaan, naby die kuslyn van Brasilië, sowat 3 tot 4 km diep in die see met 'n robot opgespoor. Familie en vriende het gehoor dat kenners danksy DNS-toetse die identiteit van die lyke teen November sou vasstel."

Die hele Oktober het Alet angstig gewag op nuus. Teen 7 November het sy die SA kantore van Air France, aan wie die rampvlug behoort het, gebel. "Dís eers toe ek hoor Erich se lyk is opgespoor. Ek was van toe af huilerig, hoewel ek nie gedink het dit gaan my só erg beïnvloed nie. Dis immers 2½ jaar later. 'n Vriend het nou die dag vir my gesê, almal gaan maar dood. I must get over it.”

Op 12 Desember hou ons 'n gedenkdiens by my huis waar familie en nabyvriende sal wees.
"Dit sal op 'n manier closure bring, maar dis ook moeilik om ou hartseer opnuut oop te krap."
En die gedenkdiens gaan maar moeilik vir Kristen (8) en die tweeling, Anje en Melissa (7), wees. "Hulle hou ook glad nie van die idee dat hy veras is nie, maar ek het baie met hulle daaroor gepraat. Hulle is nou rustiger. Ek het ook vir hulle pragtige albums gemaak van die tyd toe ons getroud was totdat hy dood is. Gelukkige foto’s.”

Alet is nog dikwels alleen. "Jy mís die company ..." Maar sy's dankbaar dat sy en die kinders Kerstyd saam met haar suster en háár gesin op Jeffreysbaai kan kuier.

"Ek het ook middel Oktober begin branderplankry en kry private lesse by 'n instrukteur. Dís ongelooflik. Net ek en die see ..."

Verwante artikels

  • Lugramp-weduwee: "Ons nuwe lewe sonder Erich"

    Lugramp-weduwee: "Ons nuwe lewe sonder Erich"

    SARIE Maart 2010

    Hy was op vlug 447 wat tussen Rio en Europa verdwyn het. Dit het Alet Heine se lewe vir altyd verander. Maar sy en haar 3 dogters pak 2010 met nuwe moed aan. Sy deel haar verhaal.

Kommentaar

  • Ek bid vir jou al is hy 'n vreemdeling vir my. My hart bloei vir julle.!

    7de Des. 2011, 20:00
  • Sjoe. My eie tweeling dogtertjies is ook 7. Ek kan maar net bid dat hierdie nuwe pad van julle 4 gevul sal word met oomblikke van lig, lag, en baie liefde.

    2de Des. 2011, 08:04
  • Twee en half jaar later - dis ongelooflik! Sterkte, daardie ramp het vele wêreldwyd naby die hart gelê. Ja, dis waar, ons moet almal die een of ander tyd sterf. Die manier waarop ons sterf is egter 'n groot faktor wat die skok en vermoë om dit te verwerk, bepaal. Sarie, hier is 'n klein foutjie: "Maar sy en haar 3 dogters pak 2010 met nuwe moed aan."

    2de Des. 2011, 07:03
  • Alet, ek dink so baie aan julle. Elke keer as ek 'n artikel oor julle lees dan is ek weer hartseer. Ons woon tans in Amerika en my man reis ook baie. Elke keer as hy by die deur uitstap of ek hom by die lughawe aflaai dan wonder 'n mens onwillekeurig of hy weer gaan terugkom. Ek is so bly hulle het Erich se liggaam gekry sodat dit darem tenminste vir julle vertroosting kan bring. Sterkte vir jou en die kinders asook sy familie op julle pad vorentoe.

    1ste Des. 2011, 16:18
  • Baie sterkte Alet! Mag ons wonderlike Vader julle vashou & vertroos en dra deur hierdie hartseer tyd soos net HY kan!!!

    1ste Des. 2011, 14:52
  • Alet, baie sterkte, ek dink tog dikwels aan julle.

    1ste Des. 2011, 14:09
  • Dit is 15 jaar dat my man oorlede is en dit is nie lekker nie. Jy mis hulle altyd, dit raak net sagter met tyd. Alet, sterkte aan jou ne jou kinders

    1ste Des. 2011, 13:02
  • Alet.Eerstens haal ek my hoed vir jou af.Moethou het jy nie verloor nie.Die gebede alleen net om sy liggaam terug tekry tel baie.Rus in jou hart en die brieë familie.Mag GOD met jou wees met die afhaal van sy *AS*.Kom veillig huis toe en mag die diens ook troosting bring . Ek het 1990 ' *TWEELING*dogterjties op 8 maande aan die dood afgestaan,maar die verlandge is nog dag vir dag daar.God se weë is nie ons weë nie.Ek het vie 18jaar hulle assies gehou en toe een van die familie dood gaan ,het ons toe dit in die graf gegooi, Ons voel vandag baie beter. Sterkte aan jou en die brieë familie.Hy sal vir jou die krag gee om sy 3 pragtige dogtertjies groot te maak. God seën Gerhard

    1ste Des. 2011, 12:58
  • Alet, baie sterkte en liefde. Ek dink nog so baie aan julle en die voorreg wat ek gehad het om saam met Erich te kon werk.

    1ste Des. 2011, 11:31
  • Wat 'n ongelooflike sterk vrou en moeder! Ek bewonder jou sterk gees...mag julle die Here se seën elke dag ervaar.

    1ste Des. 2011, 10:36
  • Dis vandag tienjaar dat my man ook skielik oorlede is en die vermisting sal altyd daar wees vermy mense wat nie deur so iets is nie se ongevraagde advies!! ek bid vir julle.

    1ste Des. 2011, 10:04
  • Sjoe, ja nou onthou ek weer dié hartseerverhaal... Baie sterkte aan julle vier... (en die res van jou man se familie!) En ja, 'n mens kom nooit regtig oor die dood van 'n geliefde(s) nie, maar "leer" (eerder: probeer) om daarmee saam te leef, veral as dit so skielik en onverwags gebeur... Ek het my ouers in matriek (hulle was maar 45 en 42) in 'n motorongeluk verloor...en selfs nie eers my sterk geloof (wou na skool 'n predikant word) kon my ongeskonde daardeur dra nie! Daar is nie juis 'n resep nie... en die verskei fases tot aanvaarding wat deur sielkundiges beskryf word, dui juis daarop dat heling 'n tydsame en kompleke sproses is (as "heling" die regte woord sou wees - die mens is immers gebore om te leef en ten alle koste te oorleef... dis in ons gene (en meme!))

    1ste Des. 2011, 09:32
  • Pragtige artikel. Baie sterkte aan jou en jou pragtige kinders. Jy is 'n ongelooflike sterk vrou. Ek bewonder jou.

    1ste Des. 2011, 08:43
  • Alet, Moenie vir ander mense luister nie. Dis altyd maklik om te praat as jy op die kantlyn sit. Gee jouself kans en luister na jou hart! Sterkte

    30ste Nov. 2011, 19:43
  • Baie sterkte Alet, ek wens jou en jou pragtige dogtertjies net die beste toe.

    30ste Nov. 2011, 16:13
  • Alet, ek dink net iemand wat al self 'n geliefde aan die dood afgestaan het, veral 'n lewensmaat, kan regtig verstaan wat jy bedoel. Ek is ook hierdeur, en die vriend wat vir jou sê jy moet nou daar oorkom, almal gaan dood, was duidelik nog nie. Mens kom nie daaroor nie, of dit nou 1 of 10 jaar later is. Mens leer om daarmee saam te leef, dis hoe dit is.Baie sterkte vir die roudiens, en die gaan haal van die as. Ek is dankbaar vir jou part dat julle 'n stukkie van hom kon terugkry, en op die manier deur die rituele afsluiting kan kry. Bid vir jou en jou kinders.

    30ste Nov. 2011, 15:45