Sarie.com-blogger Tallie se boek nou op die rak!
"Skat, ek is ge-retrench." Dis woorde wat menige vrou (en man) in dié dae vrees. Vir Carol Langenhoven het dit ’n nare werklikheid geword.
“As ek nou oor die laaste maande terugkyk, weet ek nie hoe ek deur dié beproewing gekom het nie,” sê sy op haar reguit manier.
Maar dwarsdeur alles – om skielik na ’n huurhuis te trek, haar motor te moet verkoop, afstand te doen van die mooi dinge wat haar lewe kleur gegee het, te sien hoe haar man te veel begin drink omdat sy selfbeeld aan skerwe is – was daar ’n reddingsboei: Haar blog op SARIE se webtuiste, sarie.com, wat sy onder die skuilnaam Tallie geskryf het.
Nou is haar blog in boekvorm beskikbaar, Tallie se storie... Toe my man sy werk verloor het (R139, Naledi Uitgewers).
Bestel jou kopie nou by On The Dot by 0861 668 368.
Lees 'n onderhoud met Tallie, en ontmoet vir Carol, die ware Tallie
Verwante artikels
-
"Toe my man sy werk verloor" - Deel 2
SARIE - Julie 2009
Tallie deel haar dagboek.
-
"Toe my man sy werk verloor" - Deel 4
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 20
Deel 4 van Tallie se dagboek ná haar man sy werk verloor het.
-
Dít het die resessie vir Tallie geleer
SARIE - Mei 2010
-
Hoekom is Tallie so stil?
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 9
Vir dié van julle wat wonder hoekom Tallie so stil is...wees gerus. Daar's 'n opwindende projek op pad en sy't 'n bietjie tyd nodig om dit af te handel. Sy's binnekort weer terug op sarie.com met nóg wyshede.
-
Nóg 'n sarie.com-blogger se boek verskyn
SARIE - Oktober 2010
Tanya O'Connor, bekend vir haar sarie.com-blogs, Hallo, lewe!, het dit pas in boekvorm gepubliseer.
-
Tallie se groot lewensles
SARIE - April 2010
-
Tallie wen 'n ATKV-Mediaveertjie!
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 4
Tallie, sarie.com blogger, is Vrydagaand 16 April 2010 deur ATKV bekroon as die blogger van die jaar. GELUK!
-
Toe my man sy werk verloor - Tallie deel haar dagboek
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 52
Tallie besef hulle het hul vriende nodig...
















Kommentaar
tallie het gesê:
Anneline, ek weet dit klink geyk, maar hou moed. Ek kan nie vir jou se hoe positief hierdie aflegging ons almal by die huis beinvloed het nie - al was daar dae wat ek nie wou opstaan nie, dank ek vandag die Here vir die groei wat ons ervaar het en die mens wat ek vandag is. Sterkte - dit is nie maklik nie, maar julle GAAN hierdeur kom. x
14de Jan. 2011, 08:13Anneline Fourie het gesê:
Baie dankie vir hierdie storie. Ek het nie die blog gelees nie, maar op Kwela na Tallie geluister. My man het verlede jaar April sy werk verloor, hul maatskappy is gelikwideer en hy moes al die mense wat onder hom gewerk het ook van die nuus inlig. Hul moes op verlof gaan en het nog nooit weer teruggekeer nie. Dit het gevoel of sy met ons praat, of sy ook my smart deel en ek hare. My hart was so seer as is dit al 'n paar maande later en al het my man darem so stuk stuk gewerk. Ek dank die Here vir so 'n positiewe mens want hy het nie een dag gesit en gewag nie, maar opgestaan en aangehou soek. Die les wat ek wel geleer het is dat aardse goed niks beteken nie. Ek sal onder 'n boom saam met my man bly solank ons en die kinders mekaar het is als ok. Dankie
10de Jan. 2011, 21:14