SARIE Facebook-fan vertel hoe sy byna 100 kg verloor het
"Die belangrikste skuif wat moet plaasvind, is die een in jou kop!"
Moenie jou steur aan die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor nie, dan staar jy jou blind teen 'n getal - jy moet verloor totdat jy goed lyk en goed voel. Ek was my hele lewe lank oorgewig, ook 'n emosionele eter (en vrek ongelukkig). Ek het geen sosiale lewe gehad nie en hoe ongelukkiger ek geword het, hoe meer het ek geëet. Op 40 het ek besef dat daar een persoon is wat my omstandighede kan verander - en dis ekself! Ek't hard met myself gepraat en gesê ek skuld dit vir myself om gelukkig te wees, en dat ek niemand kan blameer as ek ongelukkig is en niks daaraan doen nie.
Toe het ek meeste suiker uitgesny, behalwe in my tee en koffie. Ek't geen snacks tussen-in geëet nie, slegs vrugte. Ek't 4 kleiner maaltye geëet, met kos soos brood en so aan ook. Ek het 6 x 500 ml yswater per dag gedrink (dieselfde bottels hervul met kraanwater en dit in die yskas gesit). Ek't geen gaskoeldrank gedrink nie en as ek lus was vir 'n tjokkie of 'n tjippie, dan het ek 'n bite size een gehad, want mens eet agter die smaak aan en vergryp dan jouself aan 'n blok of 'n pak!
As ek ernstige craving gehad het, het ek springmielies in die mikrogolf gemaak (lighly salted). Die belangrikste wat ek gedoen het, was om te begin stap. Ek kon aanvanklik nie 100 m stap nie en vandag stap ek 4 km per dag! Ek het geglo ek hou nie van oefen nie en eet is my lewe.
En die nice ding is dat ek myself verkeerd bewys het. ('n Mens kan darem só vir jouself jok!).
Ek het nooit in die spieël gekyk nie - net om grimering aan te sit. Nou kan ek vir ure na myself staar :-)
Dis steeds onwerklik en die wonderlikste ding is as kennisse by jou verbyloop en jou nie herken nie. Of as jou kind sê dis lekker om Mamma te omhels en nie te omsingel nie, want oorgewig beïnvloed almal in jou gesin. My gewig het geval van 170 kg na 78 kg en dis heerlik om klere te koop waarvan ek hóú en nie net te vat wat my pas nie! Hoera!
- Annelise Boot, SARIE facebook-fan
Word lid van SARIE op facebook - daaglikse inspirasie aanlyn
Verwante artikels
-
Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 20
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Facebook-vriendin oor hoe sy 100 kg verloor het!
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
-
Jennifer Hudson verloor baie gewig vir Winnie-fliek - kyk wie speel Nelson Mandela
SARIE - Mei 2010
Ná haar seun se geboorte in Augustus moes Jennifer Hudson haar swangerskapsgewig verloor vir haar rol as Winnie Mandela in Winnie, 'n nuwe fliek oor dié ikoniese vrou se lewe, berig www.people.com
















Kommentaar
Heila het gesê:
Dis alles so fantasies en klink so reg, maar my probleem is my kop is reg as ek opstaan tot vir die helfte van die dag, dan hou ek net aan eet, vanaand as ek in my pajamas klim wat heeltyd opskuif oor my maag skep ek moed vir die volgende dag, ek verdra nie my klere wat so optrek nie, maar hou net aan eet, dit voel of ek meer vraatsig begin eet, ek kyk programme van oorgewig mense en wil nie so lyk nie, maar kan nie stop nie !! ek probeer hard elke oggend maar kan nie een dag volhou nie, my klere rol op my maag wil uithang, zips kom nie toe nie, en my maag skud as ek tande borsel, maar STOP KAN EK NIE STOP NIE, EK HUIL BAIE MAAR MY KOP WIL NIE SAAMWERK NIE !!
15de Mei. 2012, 09:42Rene de bruyn het gesê:
Hi Julle sjoe om oorgewig te wees is maar n groot stryd vir ons almal ja ek is ook al die jare wat ek kan onthou oorgewig en ek was ook al op als !!! en ek is moedeloos en dis so waar ek is 39 word nou Desember 40 wil nie eers n partykie hou ek voel en lyk soos n olifant as daar fotos geneem word hardloop ek weg ek lyk altyd so sleg, wat my probleem is ek word erg honger en dan kry ek daai cravings vir als en dan wil ek mal word ek is 1.65 lank en weeg so 130kg my voete begin seer raak as ek lank staan en loop en as daar iets verkeerd gaan dan se ek dis omdat ek so vet is . Ek het al gewonder hoe wonderlik sal dit net wees om eendag n normal nommer rok te dra ek praat van 38 en nie net altyd by die xxxx large klere te koop en hoe sal dit voel om by n gly -baan af tegly en perd te ry en berg te klim en gesond te voel en te lyk sodrae iemand wat groot is in die winkel loop met n koeldrank of n pakkie Chips dan het die mense altyd iets te se soos nou die dag toe hoor ek hoe se n ander girl vir haar man boyfrend maak my dood as ek soos die vrou hier voor ons lyk ek het so sleg gevoel ek wou nog iets se toe weet ek nie waar om my kop in te druk die dieet waar van almal praat ek sien en lees en hoor dis die beste MAAR DIS SO BAIE GELD en ek het nie !!!! daai geld is daar nie n manier wat ek kan gehelp word of op die dieet te kan gaan sonder om die klieniek te besoek. Asb wie kan my help Rene
24ste Okt. 2011, 13:15Wilna le Roux het gesê:
Ai, ai ons is almal in dieselfde bootjie. Se altyd ek kan my eie boek skryf oor diete en korrekte kosse, maar die kopding is die belangrikste. Ek het ongeveer 40 kg om te verloor en dit voel so ver ........... Het al seker 10 keer by W/less aangesluit en dan weer gefaal. Spandeer baie dae in hotelle vir workshops, dis my probleem. Maar jy is my inspirasie en ek moet net n plan maak. Dankie dat jy dit met al jou "sussies" deel.
5de Sep. 2011, 12:58sue het gesê:
help my asb
5de Aug. 2011, 21:38T het gesê:
Hi almal, Ek moet se ek was al op seker amper elke dieet pil en dieet wat jy aan kan dink en het nog nooit so lekker verloor soos met Die dieet waarvan almal praat nie. Ek het in 8 weke 10kg verloor maar bygese, doen bietjie oefening. Hou nie eintlik van gym ni, so het dans mat gekoop en dans so 1 - 1 en half uur lank. Ek het ook glad nie honger gely nie en alhoewel baie vleis in die begin bring hulle stysel ens stelselmatig terug in jou dieet. So ja, ek glo, waar daar 'n wil is, is 'n weg.
11de Apr. 2011, 15:11Gertruida het gesê:
Hoe lank het dit gevat om die gewig te verloor?? Het sy nie dalk ook ñ Gastric bypass gehad om haar so ñ bietjie te help nie?? Dit is fantasties dat sy so baie gewig verloor het.
8ste Apr. 2011, 13:58Meryl het gesê:
Annelise, dit was seker n doel dat ek nou vandag die wonderlike selfervafing kon lees wat jy ondervind het, en dit klink so baie na myself, al dieng is ek is nog steeds baie oorgewig 60kg en het wens tyd ook nie n goeie hart nie, en ek het vrydag gehoor dat my pa wat 18 mnde terug oorlede is, nou na die postmorteum is bevind dat hy n erge heart siekte en vernouing van sy are gehad het, want sy dood was ondersoek wens dat die oorsaak van dood nie duidelik was nie. Nou die hele naweek loop ek met n swaar gemoed want ek wil regtig nie die selfde pad loop en nie die geleentheid kry om my klienkinders getroud te sien nie. Ek het verlede week 47 geword en vrydag besef, ek het nie maer lyf,vrindinne en ook nie enige vorm van oefening, en dat ek met tyd my so afgesonder het dat ek nou net n eensame oorgewig mens is wat glad nie trots daaroor is nie, en smag om net weer n normalle goeie gewig vir myself te kan weeg en so ook beter te kan voel en dan as ek dit net kan regkry n langer leeftyd kan he en meer lag as om te sit en top. Eensameheid en gewig en onfuksheid is n slegte ding en gewoonte, so help my om weer om heel te voel!!
7de Mar. 2011, 09:37Emmerentsia het gesê:
Wow is 'n wonderlike inspirasie. Ek het self 80kg om te verloor en is baie negatief oor myself. As mens sulke dinge lees gee dit 'n ou weer spoed. You go girl!
23ste Feb. 2011, 08:50Annelise Boot het gesê:
Dolla, kontak my asb op Facebook dan gesels ons so bietjie! Daar is altyd hoop girl, altyd!
27ste Sep. 2010, 12:49Dolla het gesê:
Is daar nie meer detail oor die eetplan beskikbaar nie. Ek is 30kg oorgewig en wil huil elke keer as ek in die spieel kyk. Ek het ook nou tot die besef gekom dat dieet nie werk nie want jy ly honger die 1 week en dan tel jy dit weer net so op. HELP ASB OM 'N ONGELUKKIG VROU WEER MOED TE GEE.
21ste Sep. 2010, 14:26Tanya Joubert het gesê:
Hello daar, sjoe dit is so die waarheid wat jy praat - dit begin alles hierbo en een van die vreeslikse goed om te oorkom is die ding van om dit vir ander te doen, want eintlik is dit waar die groot verloor reeds begin. Ons maak ons self so swaar met al die goed wat ons vir ander doen, en hoe vet ons is en hoe groot ons klere is, ai daardie gewig is werklik iets wat baie swaarder is, as die gewig in kilos wat ons dra
15de Jun. 2010, 15:17annette het gesê:
ek weet presies hoe jy gevoel het na jy soveel gewig verloor het, ek het verlede jaar besluit en is moeg van hoe ek lyk en op Annique se verslankingsprogam gegaan-ek het presies 23 kg verloor-wil nog 10 verloor dan weeg ek 70kg wat my eintlike doelwit is! ek dink die groot ding lê daarin dat mens moet genoeg eet, en nie jouself martel nie. Dit was die beste besluit wat ek kon neem en my man is baie trots op my en dit is heerlik om moi te kan aantrek en kompliment te ontvang! My selfbeeld het geweldig verbeter! Nou besef ek hoe wonderlik dit is om 'n vrou te kan wees!
10de Jun. 2010, 16:53Juanita Etsebeth het gesê:
Hi Annelise, Ek wens ek kan dit regkry! Moet so 20kg verloor, sukkel baie en niks wil werk nie! Ek gaan jou voorbeeld volg en van nou af eerder die skaal en spieel vermy!
11de Mei. 2010, 11:03Anita het gesê:
Dit gee my moed. Ek is op "die dieet waarvan almal praat" en dit gaan goed. My kop is reg en ek het sover 8,6kg verloor. Enigste probleem, ek is te haastig...
19de Apr. 2010, 08:30Retha Basson het gesê:
Wil net byvoeg dat ek en my gesin daagliks so om en by 6nm vir omtrent n uur vinnig gaan stap. Die stap en gesonde eet leefstyl het my gehelp om 48kg in 13maande te verloor.
13de Feb. 2010, 22:01Annelise Boot het gesê:
Sjoe ek kry steeds briefies van mense wat belangstel om uit te vind van die proses....ek help graag! Daarom het ek 'n groep gestig op Facebook, die naam is B+ en dis maar nog nuut. Ek beoog om daarin aangeleenthede aan te spreek wat mens verhinder om die kopskuif te maak, wat maak dat mens oor-eet en emosioneel eet! In die nuwe jaar plaas ek my foto tydlyn van my gewigsverlies. Ek sien uit daarna om jou op die FB groep te verwelkom. Geseëne Kersgety aan almal.
17de Des. 2009, 15:22SHEERENE het gesê:
FANTASTIES,EN BAIE GELUK. HOE LANK HET DIT JOU GENEEM OM JOU 100KG TE VERLOOR?
30ste Nov. 2009, 15:52Patty het gesê:
Annelise - ek ken jou nou baie baie jare en ek kan eerlikwaar sê jy is die mees inspirende persoon wat ek ken. Selfs toe jy oorgewig was was jy 100% opreg & FABULOUS! Al is daar nou soveel minder van jou (lyf) is die hart & persoonlikheid nog net so groot! Well done! Meeste van ons sukkel om 2kg winter gewig af te skud!
18de Nov. 2009, 17:34Anél King het gesê:
Annelise Baie baie geluk ! Ek is 'n personal trainer en ek druk jou briewe dadelik om aan my kliënte te gee as aansporing. Ek het self 'n hele paar 'groter' dames wat ek help oefen saam met die eetplanne wat vir hul uitgewerk is. Ek glo dat die twee hand aan hand gaan - veral die dissipline van beide. Dis ook egter die kopskuif wat gemaak moet word voordat die 'vasbyt'-deel inskop! En dames hoef glad nie bang te wees vir weerstandsoefeninge nie - daardie gewigte waarmee geoefen word, laat éérs die cm wegsmelt en die selluliet verdwyn! Dit is 'n volhoubare lewenstyl en glad nie onmoontlik nie! Well done girl - hou so aan! Jy is 'n voorbeeld vir baie! Anél King 082 731 3432
16de Nov. 2009, 12:59Brenda Haasbroek het gesê:
Annelise...jinne vrou en haal my hoed vir jou af. Dit is stunning man. Ek self sit met 'n ekstra "mensie" wat ek moet afskut. Dit is nie maklik nie en sukkel al vir baie baie jare. Seker al alles op die rakke by apteek en clicks probeer, maar nou ja....Soos ons almal maar het ek ook altyd 'n verskoning of 3. Ek gaan defnitief my koffietjie moet verminder....Dankie vir jou Annelise ek het nodig om te weet ek is nie alleen in die ding nie...MWA
27ste Okt. 2009, 03:34Annelise Boot het gesê:
SARIE redaksie ...ek is absoluut oorweldig deur Facebook versoeke en is aangedaan deur die verhale van dames wat in dieselfde bootjie as ek was/is. Ek sou graag 'n VOOR en AGTERNA foto wou stuur of selfs van my tydlyn foto's van die 3 jaar wou deel. Indien SARIE tydskrif sou belangstel om so mini-artikel te doen van my storie sou ek gladnie omgee nie en sal dit 'n voorreg wees om dalk meer dames te inspireer. Indien u dit sou oorweeg gee ek graag my kontaknr 083 305 4487 Groete Annelise Boot
7de Okt. 2009, 17:12Hantie Jonker het gesê:
Baie dankie vir so n inspirerende verhaal van moed en deursettingsvermoee, ek glo dit was sekerlik nie maklik elke dag nie maar jy het vasgebyt en aangehou en dit is wonderlik. Om soveel kilogramme af te skud is sowaar n medalje werd en dit kry jy in die vorm van al die bewonderende oe wat nie glo wat hul sien nie. Ek sukkel om NET 10 KILOGRAM AF TE SKUD, so jy het al my bewondering vir wat jy bereik het. Bly by jou besluit en moet tog nie weer in die ou patroon verval nie hoor. Jy sal weer van my hoor op facebook.
6de Okt. 2009, 21:07Melinda Rossouw het gesê:
Baie geluk Annelise, ek het ook al daardie paadjie gestap, en dit met W/less. Het die 1ste keer 50 kg verloor dit gelos en weer van dit opgetel, het JAN weer begin en noual 20 kg verloor. Stap ook nou in die middae. Dit is 'n harde pad wat gestap moet word maar op die ou end die moeite werd.
5de Okt. 2009, 15:49Dollie het gesê:
Baie geluk dis fantasties. Maar ek kan met jou saam stem Annelise dis BAIE WAAR dat jy eers jou kop moet reg kry voor jy aan enige eet gewoontes kan verander ek werk nog aan my kop, maar daar is hoop vir my.
5de Okt. 2009, 09:41zani het gesê:
Dit klink so maklik! Wel ek eht Mei besluit ek sal gewig verloor. Ek het Dr Cohen se dieet begin en is 4 1/2 maande later 27kg ligter (sklidklierprobleme en emosionele eter en al!) en is amper half pad na my 58kg om te verloor. Kyk na sy website www.1stpersonaldiet.com en sterkte aan almal.
2de Okt. 2009, 13:28Cecile Stander het gesê:
Dis absoluut great!! Ek voel nou sommer meer geinspireerd!! Ek het self presies 'n maand gelede begin oefen by die gym en ek kan nie onthou wanneer laas ek so iets, so veel geniet het nie. Die gewig gaan stadig, maar ek voel al klaar soveel beter. Ek is self ook 35kg oorgewig en maak werk daarvan elke dag. Ons huisdokter het wel vir my die raad gegee om seker te maak dat jy op 'n lee maag gaan oefen, want as jy vir 'n uur oefen dan het jy nog vir 'n uur daarna vet verbranding. Die voordeel daaraan is ook dat mens nie so honger is na jy klaar geoefen het nie. Dit is ook die moeite werd om na die GI plan te kyk, want dit laat mens werklik langer versadig voel (ek was ook een van daai wat nie sonder eetlusdempers kon klaarkom nie) en ek probeer ook nou om meer gereeld maar minder en kleiner porsies te eet. EK het die afgelope maand 3kg verloor met die oefening en minder eet en dis voorwaar heerlik om makliker in mens seklere in te kom en te voel dat mens se spiere nie meer pap is nie en dril nie! Sterkte aan elkeen, dis nie maklik nie, maar as jy daai besluit geneem het is jy al 90% oor die ergste!
2de Okt. 2009, 07:51Nanni het gesê:
Dit is wonderlik om die storie te lees. Ek het ook so 5 jaargelede op 45 die kopskuif gemaak. Met Sarie se 12 weke dieet kompetise nogal. Eh het niks by Sarie gewen nie , maar 10kilos verloor en oefen nog steeds. Ek was ook nie die oefen tipe nie en nou mis ek dit as ek nie daarby uitkom nie.
1ste Okt. 2009, 14:49Ansie het gesê:
Hi Annelise. Sjoe, ek bewonder jou. Ek is nou 37 en 50kg oorgewig - ook al alles probeer, maar verloor elke keer moed. Wil jy nie groot asseblief 'n voor- en na-foto stuur nie - dit motiveer my altyd.
1ste Okt. 2009, 14:09Renee Marais het gesê:
Die voorreg is myne om in die rerige lewe vir Annelise te ken. My hartvriendin. Sy is 'n ware vrou en inspirasie vir ons almal. 'n Raakvatter en mens wat dinge gedoen kry op 'n keurige manier en sy lyk altyd asof sy uit die blaaie van 'n modetydskrif stap. Haar paadjie met gewig was lank maar Annelise het deurgedruk en dit SELF gedoen. Na my gesukkel met swangerskap het ek ook heeltemal teveel gewig opgetel en die een verskoning na die ander gesoek oor hoekom ek nie gewig kan verloor nie. Begin van die jaar het ek besluit om rooivleis uit my dieet te sny en uit 'n kleiner bord te begin eet. Ek drink nog my wyn en eet volgraan brood en is netso trots op myself dat ek van Januarie af tot nou 2 nommers kleiner kan dra. Dit is 'n besluit wat jy neem en mens moenie jouself pakgee wanneer jy soms die grense van jou eie dieet oorskrei nie. Ons bly menslik en die lewe is te kort om nie af en toe sjokolademousse of 'n feetjiekoekie te eet nie. In ons huis besit ons nie 'n skaal nie, maar Annelise is reg, dis nie die nommer of die cm wat die verskil maak nie, maar hoe jy oor jouself voel. Gaan kyk of Facebook hoe pragtig sy is!! Dankie vir jou inspirerende woorde. Ons vrouens moet mos saamstaan.
1ste Okt. 2009, 13:45SARIE het gesê:
Dankie dat jy jou storie met SARIE deel, Annelise.
1ste Okt. 2009, 13:11Samantha Haskin het gesê:
Ek wil graag ook gewig verloor maar sukkel bietjie, waar kan ek hierdie eet plan of diet in die hande kry. Dit sal my baie help, ekt 'n baba seuntjie en kry nie altyd kans om te oefen nie. help grt asb.
1ste Okt. 2009, 12:53Annelise Boot het gesê:
Jis dis nou lekker om te sien my storie het soveel dames geinspireer! Dit maak my reis net nog meer die moeite werd. Dit was beslis nie maklik nie...maar die moeite werd. Die resultate is ongelooflik! Ek het vertel van die skuif wat in jou kop moet plaasvind, en die skuif KAN NIE gebeur solank as wat mens verskonings maak nie - dan is JY nog nie gereed vir gewigsverlies nie. Gooi al jou pilletjies en poeiertjies weg vir dieet - verander die leefstyl en pas aan by jou daaglikse roetine. Mens tel al die gewig weer op sodra jy ophou met die dieet....slegs 'n veranderde leefstyl het blywende resultate. Dames wat belangstel om meer te weet kan my gerus kontak op Facebook, stuur 'n Friend Request en ek sal graag jou vrae beantwoord. Ek het beslis nie al die antwoorde nie, maar ek kan se "I've got the XXXL t-shirt" Dankie Sarie vir die voorreg om my storie te kon deel...dis spesiaal en die cherry on top!
1ste Okt. 2009, 12:41Surita het gesê:
Ek glo vas dat 'n dieet alleen nie sal werk om baie gewig te verloor nie. Jy moet oefen ook, ons leef in 'n era wat alles voor 'n rekenaar of voor die TV gebeur en ons liggame verbrand net nie genoeg kaloriee nie. Soos Annelise self se - sy stap elke dag 4km en sy het begin met 100m! As jy eers verby die stadium kom van oefen is aaklig en nie lekker nie en daardie goedvoel hormone word vrygestel na 'n lekker oefensessie sal jy verslaaf raak aan oefen en DAN is dit lekker en dan smelt die gewig sommer weg. Wat ek graag wil weet by Annelise is of sy sukkel met 'n oormate los vel?
1ste Okt. 2009, 10:12Magdalena het gesê:
Dit wil gedoen wees Annelise - baie geluk!! Ek is ongelukkig n 'emosionele' eter - of ek nou honger is of nie, ek eet!! Op die oomblik 20kg oorgewig en het ook al wat dieet probeer (sonder resultate want ek eet, eet en eet met dieetpille en al).... het nou slimeeze gekoop... enige iemand wat dit al gebruik het?
1ste Okt. 2009, 09:46Karen het gesê:
absoluut fantasties - jy's ware inspirasie, veral aangesien ek sopas begin het met Sureslim en nog 'n lang paadjie het (50kg) om te loop - mag ek so sterk soos jy staan!
1ste Okt. 2009, 07:45Martha het gesê:
Hoe kry ander mense dit reg en ek wat op 'n lae GI plan is en my allerbeste gee verloor nie 'n gram nie? Wat moet ek nog doen om ook sulke resultate te hê?
1ste Okt. 2009, 06:54Rita olckers het gesê:
Hoera, my oorgewig susters, daars hoop vir ons. Wonderlik om n dag op so n positiewe "maer" noot te begin!!!!!! Dankie Annelise, jy is n ster!!!! " Komaan susters,volg Annelise se voorbeeld en spaar solank vir daai sezy swart nommertjie!!!!!!!!!!!!!!!
1ste Okt. 2009, 06:23Marissa het gesê:
Sjoe, dankie vir so mooi inspirerende storie! Baie geluk, ek hoop om oor 'n paar maande ook so te kan getuig.
30ste Sep. 2009, 16:37Hyla het gesê:
Wonderlik!!! Dit gee my sommer weer moed om te begin en vas te byt!!
30ste Sep. 2009, 13:47