SARIE-kosredakteur Herman Lensing blog uit Thailand
Foto’s: Herman Lensing Galery
"Na 'n baie lang wag is ek en Miné, die wenner van SARIE se Spekko-rys-wedstryd, uiteindelik in Thailand vir ons kostoer. En, wow! Een ding besef jy baie vinnig, hier is sekerlik die vriendelikste mense ter wêreld (ná SA, natuurlik...)"
Hulle is só gasvry en is altyd besig om te vertel van hul amazing country. En glo dit of nie, die vuvuzela is nou 'n gewilde instrument waarmee toerleiers hul toergroepe bymekaar roep! (Sien foto.)
Een ding wat ek en Miné gemeen het, is ons liefde vir kos, en glo my, Thailand is propvol lekker kos. Oral waar jy gaan, sien jy kosstalletjies en markte wat oorloop van die mooiste vars vrugte en groente.
Een van die hoogtepunte tot dusver was die mooi tempels in Bangkok. Die aandag aan detail is amazing! Iets waaroor ons nou nog lag, is 'n mark in Bangkok wat op 'n treinspoor geleë is. Ja, glo dit, reg op die spoor (sien foto). Mens trap so tussen die spore, die vars vis, fake hemde en groente deur. Wat dit vreemd maak, is elke 4 uur hoor jy iemand skree, dan word jy vinnig uitgejaag en almal skarrel om hul winkel weg te pak! Dan ry die trein verby en alles word weer teruggepak. Dis nou iets om te sien!
![]() |
![]() |
![]() |
| Miné by een van die kookskole |
Die span voor 'n tempel in Bangkok | Miné by een van die kookskole |
![]() |
![]() |
![]() |
| Herman en Miné by 'n olifant |
Die trein loop regdeur 'n mark in Bangkok |
Vuvuzelas nou 'n gewilde instrument waarmee toerleiers hul toergroepe bymekaar roep! |
Die kookskole hier is ook fantasties. Ons leer daagliks van smaakbalans, en wat dit beteken om die beste van die seisoen te eet!
Natuurlik is dit ook die land van olifante. Miné en ek het die geleentheid gehad om hulle te voer en van naby te ontmoet. Hulle oë laat my dink aan die nuwe Toyota-advertensie met Buddy, die bokser. So hartseer, maar sodra jy hulle iets gee om te eet helder dit op van blydskap!
Môre gaan ons na 'n olifantkamp in Chiang Mai. Dan gaan ons die kans kry om vir 2 ure op dié heilige diere te ry. Ek kan nie meer wag nie! Woorde is te min om te vertel hoe fantasties die land is.
Maak seker jy kyk uit vir 'n volledige artikel in SARIE en hou www.sarie.com dop.
Ek moet nou eers gaan! Ons gaan nou fietsry tussen die ryslande. (Ek weet nie hoe ek daai een gaan doen nie, want ek het nie juis 'n aanleg vir fietsry nie...)
Tot later!
Groete,
Herman
Verwante artikels
-
Herman Lensing blog: "Die krag van kos"
SARIE Julie 2011
Ons almal is op aarde met ’n rede. Ons almal het ’n doel en ons almal het iets waarmee ons goed is! Gelukkig vir my is ek geseën met die gawe om te kan kook - soos miljoene ander op aarde. Ek glo die mense wat hou van kook, is op aarde geplaas om te sorg vir vrede, liefde en vriendskap.
-
Raak kieskeurig met bier. Ons wys jou hoe!
SARIE - November 2010
-
Troukos: Wat is op die bruidstafel?
SARIE September 2010
Romanse, nostalgie en troukoeke bly deel van die spyskaart, maar harte neem oor én die troutafel raak “groen”. So sê drie spyseniers by wie Martie Swanepoel gaan kers opsteek het































Kommentaar
WemIndund het gesê:
22 марта 2011 года вышла стабильная версия Opera Mini 6 для платформ Android, BlackBerry, Symbian, а также версия для J2ME. Была улучшена работа масштабирования растягиванием, добавлена кнопка «Поделиться», доработан пользовательский интерфейс, а также выпущена специальная версия для Android-планшетов.[34] Версия для Apple iPhone проходит проверку в AppStore. Также вышло обновление для четвёртой версии браузера, 4.3, в котором появились идентичный 6.0 дизайн и кнопка «Поделиться». http://newminiopera.ru/ Опера для Samsung Скачать opera mini для Samsung
31ste Jan. 2012, 18:41