Skei sal my nie onderkry ...

SARIE - Desember 2009

Dit wat in stukke gebreek is, sal weer heel word. Ek is nie meer bang nie ...

Dit was ’n woord wat ander mense gebruik het, maar skielik is dit in ons midde. SKEI – jy het gekom soos die spreekwoordelike dief in die nag. Lewens omver kom gooi. Kinderharte in stukke kom breek. My geliefdes loop deur onder jou verwoesting.

Soos iemand eenkeer gevra het: “Hoe liewe Vader, hoe aanvaar mens terwyl elke vesel van jou liggaam en elke opwelling van gemoed weier om oortuig te word? Hoe leer mens jou hart om te glo wat hy nie wil glo nie?”

Dan kom God met die antwoord: “Laat alles in My hande oor."

So nou SKEI, staan ek vreesloos voor jou! Ek is nie meer bang nie, want ek weet dit wat platgetrap is, sal weer opstaan. Dit wat in stukke gebreek is, sal weer heel word...

Vreesloos, Noord-Kaap

 

 

Verwante artikels

  • Egskeiding en kinders: Maak die seer makliker (Deel 1)

    Egskeiding en kinders: Maak die seer makliker (Deel 1)

    SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1

    Egskeiding kan kinders se wêreld laat verkrummel – tensy julle as ouers dit reg hanteer. Maak jou huis steeds ’n plek waar hulle veilig en gekoester voel

  • Egskeidings: die pa se kant?

    Egskeidings: die pa se kant?

    SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 20

    Ek het jul artikel van Junie 2010 (Egskeidings: Maak die seer makliker) baie interessant gevind. Ek is ’n finansiele beplanner en het baie te doen met mense van albei geslagte en uit verskillende kulture. Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom ...

Kommentaar