Snotkop oor sy ma: "Sy't my help opstaan"
Foto’s: verskaf Galery
Francois Henning, ook bekend as die sanger Snotkop, is aan die einde van sy gr. 9-jaar uit die skool geskors. Sy ma, Esther, het hom toe op 'n road trip gevat en sy lewe in 'n ander rigting gestuur sodat hy sy drome kon najaag.
"Ek was in 'n sportgedrewe skool in Johannesburg. Dit was asof ek nie dieselfde as die ander kinders gedink het nie. Ek het gevoel niemand verstaan my nie en gerebelleer. In gr. 9 het ek byna elke vak gedruip. Ek's uitgevang toe ek gerook het by die skool. Ook toe ek tydens 'n eksamen iemand help kul het. Ek is geskors en het byna in depressie verval. Ek het nie geweet watter kant toe nie.
My ma het nie met my baklei of gesê ek is nutteloos nie. Sy wou by die kern van die probleem uitkom. Sy 't my gevra of ek tyd wil afvat om my kop skoon te kry. Daardie jaar het ek en sy 'n paar road trips gedoen. Ons is eers Swaziland toe en het ook in SA getoer. Ons het net gesels. Sy't na my geluister en ek het haar van my drome vertel: Ek wou graag eendag in die vermaakbedryf werk en sal graag na 'n kunsskool toe wil gaan. Sy't geensins gedink dis laf nie.
Ek het ingeskryf vir oudisies by Die Kruin (vandag is dit The National School of Arts). Ek het ingekom en uiteindelik vier onderskeidings gekry - drie in kunsvakke en een in Afrikaans. Ek was selfs onderhoofseun!
My ma het my aangespoor om my liedjies op band op te neem en vir platemaatskappye te stuur. Op 'n dag het ek 'n oproep gekry en só het my loopbaan begin.
Een van die grootste lesse wat ek by haar geleer het, is dat my mening geld en dit meer spesiaal is om my individualiteit te vier as om deel te wees van 'n trop skape.
Verwante artikels
-
Die waarheid oor jou tiener en seks
SARIE - Februarie 2008 | Kommentaar: 11
Kinders raak op ’n ál jonger ouderdom seksueel aktief. Sê jy ook: Nee, nie mý kind nie? Dis tyd om daaroor te praat …
-
Heling deur musiek ná my kind se ontvoering
SARIE - November 2009
Dertien jaar gelede het die violis Adri Naudé-Scholtz haar pasgebore seun* opgegee vir aanneming. ’n Dramatiese tyd het gevolg. Nóú het haar grootste droom waar geword – sy speel vir hom viool op haar eerste CD
-
Jou tiener en sy iPod
SARIE - Februarie 2010
-
My kind het depressie - 'n ma vertel
SARIE Maart 2010
-
Snotkop (Francois Henning) oor sy ma
SARIE - Mei 2010
















Kommentaar