Suid-Afrikaner in die Google-span
Foto’s: verskaf Galery
Leendert W. Botha (24) van Ottosdal, ’n M.Sc.-student in rekenaarwetenskap,wou nog altyd vir Google werk. Ons het gevra hoe dit voel toe hulle sy internskap aanvaar het.
Verlede jaar is hy deur die MIH Holdings Medialaboratorium aan die Universiteit van Stellenbosch na ’n konferensie in Washington gestuur om sy navorsing oor sosialenetwerke aan te bied. Daar het hy ’n talentsoeker van Google raakgeloop en twee weke en drie telefonieseonderhoude later is hy vanaf November 2010 vir ’n internskap van vyf maande by YouTube aanvaar.
"Ek het die aand laat gewerk in die medialaboratorium, en het net voor middernag ’n e-pos van Google gekry met die titel ‘Google – Ready to Roll!’. Ek wou deur die dak spring. Dit het gevoel asof ek op daardie oomblik driedubbel beloon is vir ses jaar se harde werk op universiteit.
Toe ek die eerste dag om 08:00 by Google se hoofkantoor in Kalifornië moes aanmeld, was ek nogal gespanne. Ek was een van drie vakleerlinge wat daardie dag begin het saam met vyftig nuwe voltydse werknemers.
Die eerste paar dae voel ’n mens uiters dom. Maar almal is baie vriendelik met die Nooglers (nuwe Googlers) en ek het gou tuis gevoel. Googlers is uiters divers. Minder as die helfte van die mense hier is Amerikaans, die res is van reg oor die wêreld. Die binnekant van Google laat ’n mens dink aan ’n speelpark vir grootmense. Daar is onder meer tafeltennis, klimmure, vlugbalbane, mini-gholfbane én glyplanke tussen die verdiepings.
My werk vorm deel van YouTube Rentals, ’n nuwe produk waar jy teen betaling vir ’n bepaalde tyd toegang het tot ’n video op YouTube. Die grootste deel van die dag is ek besig om te programmeer op die een skerm, met ’n YouTube-video
wat speel op die ander.
Ek is vas oortuig dat maatskappye soos hierdie in Suid-Afrika kan ontstaan en floreer, en ek kan nie wag om daartoe by te dra nie!”
Verwante artikels
-
Dít het Emmanuel Castis ge-Google
SARIE - Februarie 2009
Die laaste 5 dinge wat akteur en sanger Emmanuel Castis deur Google gesoek het...
















Kommentaar