Tallie wen 'n ATKV-Mediaveertjie!
Tallie, sarie.com blogger, is Vrydagaand 16 April 2010 deur ATKV bekroon as die blogger van die jaar. GELUK!
Tallie, sarie.com se geliefde en gewilde blogger, is vir 'n ATKV-Mediaveertjie-prys benoem in die kategorie "Gedrukte Media Tydskrifte: Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar". Tallie het die 7de Augustus haar verhaal op sarie.com begin deel oor hoe sy (en haar man, Simon) die emosionele en finansiële wipplank ry nadat hy afgedank is.
En Tallie se pad het net op die regte tyd met sarie.com s’n gekruis. Ons was op soek na ’n gebruiker wat wou en kon blog en het dadelik besef hier kom ’n ding! Haar lekker skryfstyl, die regte onderwerp in ’n resessie en die dagboek-formaat was perfek vir die web. Tallie het van haar eerste inskrywing mense se lewens aangeraak en ongelooflike ondersteuning in die vorm van kommentaar gekry. Binne ’n oogwink het haar blog daagliks meer besoekers as selfs enige van die celeb-bloggers op sarie.com gekry.
Sy het in die tussentyd haar blog afgesluit, maar ná vele kommentare en versoeke van 'volgelinge' van haar blog, het sy weer begin skryf. Dié keer deel sy dít wat sy in verskillende situasies geleer het.
Lydia van der Merwe, SARIE se bekroonde gesondheidsredakteur, is benoem in die kategorie, "Beste Leefstyl-storie" vir haar artikel, " Ja, mans kry ook gloede!"
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger Tallie se boek nou op die rak!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
"Skat, ek is ge-retrench." Dis woorde wat menige vrou (en man) in dié dae vrees. Vir Carol Langenhoven het dit ’n nare werklikheid geword.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.



















Kommentaar
Annelize het gesê:
Hi Tallie, ek het sommer trane in my oë gekry. Kyk nou net hoe het alles uitgedraai. Alles ten goede.
13de Okt. 2010, 14:44Alet het gesê:
Baie geluk Tallie. ek is bly vir jou. Ek het regtig jou blog baie geniet. Sterkte voorentoe.
19de Apr. 2010, 10:14Ingrid het gesê:
Welgedaan, dis was so lekker om jou blog te lees, en ook om te weet dat iemand anders daar deur gaan. Jou persepsie en hoe jy en jou gesin dit hanteer het, het my en baie ander geleer hoe om n silwer randjie om daai donker wolk te sit!
19de Apr. 2010, 09:59susan botha het gesê:
Hi Tallie Jy het my die selfvertroue gegee om ook die blog gogga te probeer - maar al wat ek regkry is om op Sarie se forum blad te kom - hoe gaan mens te werk om aan die gang te kom. Ek het ook soveel om te vertel - SJ - lewe op 'n eiland
19de Apr. 2010, 09:49