Verander jou lewe en verryk jou siel
Foto’s: verskaf Galery
Nina Brown het haar stresvolle lewe
(en ’n vaste inkomste!) gegroet en gekies om eerder haar passie uit te leef. Dis die lesse wat sy geleer het . . .
Nina Brown was ’n hoogs suksesvolle sakevrou wat maklik 15 uur per dag gewerk het. Sy het in 2001 die toekenning Sanlam/Business Partners Entrepreneur van die Jaar gewen.
Maar haar siel was “morsdood”. Vandag is sy ’n stylkonsultant en droom-afrigter (sy help mense om hul eie drome te visualiseer en waar te maak). Lisa (21), ’n grimeerkunstenaar en fotograaf, werk saam met haar ma op Stellenbosch.
SY DEEL HAAR LESSE
* Balans is belangrik: Ná twintig jaar besoek ek gereeld die gimnasium, stap met die honde, braai met my gesin, lees baie, kuier met vriendinne.
* Verslap rigiede lewensoortuigings.
* Omring jouself met “ligte” mense en mentors.
* Moenie afhanklik wees van komplimente nie.
* Gebruik jou kennis om ander te help.
* Teleurstellings help jou om te groei.
* Vertrou jouself.
HET JY JOU LEWE VERANDER? DEEL JOU STORIE HIER
















Kommentaar
ansie o'kennedy SD USA het gesê:
dit is so waar ek het weereens vandag besef dis wat ek van die lewe maak, nie wat ander doen, wat 'n verskil in my eie lewe maak
25ste Mar. 2012, 00:59