Vriendinne is soos ...
Dis seker omdat ek (weer eens) op ’n dieet is dat ek die interessante gewaarwording gekry het. Daar’s wel ’n vrou in elke geur, maar ook ’n vriendin in elke spys en drank.
Anika, ’n tropiese somervrug – eksoties, vreemd, met verfrissend anderse gedagtes. Haar nasmaak bly jou lank by, jou gedagtes bly maal om die andersheid van haar denke en die diepte van haar gevoelslewe.
Annien, kraakvars hoenderslaai. Perfek voorgesit op ’n groot, wit bord, met ’n styfgestyselde linneservet teen die perfekte hoek langsaan. Stylvol, goedversorg, modebewus en die perfekte metgesel vir ’n ordentlike inkopietog.
Helga, ’n soet, lietsjie-geur Brutal Fruit op ’n warm somersdag. Borrels dartelende lewensvreugde wat soet en koel deur jou are bruis. Lewenslustig, opgewek, optimisties en die regte medisyne om 'n vaal dag op te kikker.
Janine, voedsame kapokaartappels. Altyd gereed met die regte antwoord op die regte tyd. Altyd beskikbaar vir raad of hulp. Heerlik warm en goedhartig, stabiel en standvastig.
Lilene, suikersoet karamelfudge. Moet vinnig geroer en vinnig gesny word voor dit stol. Aktief, aan die gang en nooit vervelig nie.
Die lewe sonder my interessante vriendinne is ondenkbaar!
Ria Koen, Bellville
Verwante artikels
-
"Ek's verlief op my vriendin se eks"
-
Die emosionele band tussen vroue - 'n Sielkundige sê
SARIE - Junie 2010
Vroue is meer geneig as mans om emosionele vriendskapsverbintenisse met mekaar te smee, sê Marlize Greyling, 'n sielkundige van Parktown-Noord, Johannesburg.
-
Ou vriende, nuwe vuur - 6 lesers vertel
SARIE September 2010
Die lewe loop sy draaie met ons en dan, onverwags, ontdek ou vriende mekaar ná jare weer. En iets wonderliks gebeur . . .
















Kry jou SARIE oral, enige tyd