Waar begin ek soek na my pa?
Mense sê dis belangrik waar jy vandaan kom. Baie glo dit bepaal wie jy is en wat jy in die lewe sal bereik. Maar dis vreesaanjaend as jy op die ouderdom van 28 jaar steeds nie seker is van jou oorsprong nie ...
My ma, Hester Jacobs, het op Vrydag 3 April 1981 om 16h15 in die Vereeniging Hospitaal geboorte gegee aan my. Ek was ’n keisersnit-baba, en het 2,2kg geweeg.
Meeste mense luister na hul moeders se stories oor hoe trots mamma en pappa was toe hulle hul kleinding se eerste gil gehoor het, en hoe hul oë traanbelope was toe hulle die klein mensie vir die eerste keer in hul arms geneem het. Hulle kan jou ure lank verveel met foto’s en stories oor babatyd.
Ander mense vermy daardie geselskappies, of verander die onderwerp. Hul foto’s is in dose weggepak onder al die dinge wat gemerk word vir die stoor of die buitekamer. Iewers waar dit nie in jou pad sal wees nie.
Ek, aan die ander kant, sal my alles gee om ’n storie van my ma of pa te hoor, oor hoe trots pappa op sy meisiekind is. Ek sal enigiets gee om na familie-foto’s te kan kyk en al die stories te hoor wat aan elke foto verbonde is.
Jy sien, ek kan ongelukkig nie. Hierdie voorreg is vir ewig van my ontneem. My ma is oorlede toe ek sewe jaar oud was en ek ken nie my pa nie.
Daar is sekere dinge in die lewe wat ’n mens nie kan vervang of opvang nie. Dinge wat geen geld in die wêreld kan koop nie ... jou ouers, en jul verhouding, jul band, jul liefde.
Hulle sê tyd heel alle wonde. My ma is 22 jaar gelede dood, en dit voel soos gister. Ek sien haar in die kis lê, rustig asof sy net slaap. Ek mis haar elke dag van my lewe.
Maar hoe voel ek oor my pa? Vir my is hy al 28 jaar “dood”. Ek het dit vir die helfte van my lewe geglo. Dit was vir my ’n ongelooflike skok toe ek hoor hy leef. En die ergste van alles is dat hy daar buite rondloop en dalk dink ek is dood. Mense het veroorsaak dat ons mekaar nooit gevind het nie.
Hoe is ek veronderstel om my oorsprong te verstaan as ek nie weet wie my pa is nie!
Hoe vind ek my pa in ’n wêreld onwillig om my te help? Met mense wat geld voor my kop gooi, geld wat ek nie het om private speurders te huur om my pa te soek nie.
Waar begin ’n mens soek? Ek sal enigiets gee net om te weet of hy my ooit kom soek het. Het hy gedink ek is dood of wou hy my net nie ken nie? Hoe gooi ’n pa sy kind tog weg? Ek soek antwoorde. Ek sal nooit rus vir my siel kry as ek nie weet nie.
Danieta van Rhyn van Gauteng
Verwante artikels
-
Die aarde skud in Chili - 'n sarie.com-gebruiker vertel
SARIE Maart 2010
Ek woon nou al 19 jaar in Chili, so 'n entjie buite Santiago op 'n plot. Ek hoor al 19 jaar lank van mense wat praat oor aardbewings en hulle ondervindings, wat jy als moet doen en nié moet doen nie. Was ek gereed daarvoor? Nee!
-
Egskeidings: die pa se kant?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 12
Ek het jul artikel van Junie 2010 (Egskeidings: Maak die seer makliker) baie interessant gevind. Ek is ’n finansiele beplanner en het baie te doen met mense van albei geslagte en uit verskillende kulture. Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom ...
















Kommentaar
Tienie Engelbrecht het gesê:
Ek is opsoek na my oorlede broer (Thys Engelbrecht) se vrou Amanda) en dogter (Bernadine). Amanda se nooiens van was Smith, hul was van blyvooruitsig, naby Cartonville gewees, ek vermoed hul is nou in Durban iewers, kontak Tienie by 083 308 1202 met enige inligting.
16de Aug. 2011, 15:18Bets Oosthuizen het gesê:
Ek het vreugde en simpatie met almal. Ek het na 46 jaar uitgevind my pa wat ek geken het was nie my regte pa nie. Met 'n kind wat 'n oorerflike siekte het en dit is nie in my familie wat ek ken nie moet dit wees is my pa wat ek nie ken nie se familie. Ouers as julle weet wie is julle kinders se biologiese ouers, smeek ek jou om oop kaarte met hulle te speel terwyl hulle nog jonk is. Ek weet watter skade dit aan iemand doen as jy dit later jare uitvind. Kinders as julle dit nie kan verwerk nie gaan praat met iemand wat kan help. So nou as iemand dalk my kan help. Ek is in Walvisbaai gebore as die dogter van Renier Johannes Cornelius Roetz op 16/06/1964. Maar is nie sy dogter nie. Indien enige iemand kan inligting het kry my op fb onder Bets Oosthuizen. Die siekte van my kind is neurofibromatose. Kenmerke is koffie vlekke op die vel en geel oë. Later jare ontwikkel hulle ook neuromas onder die vel wat ontsteek en verwyder moet word. Kan na die ouderdom van 40 gevaarlik word.
24ste Jun. 2011, 12:46Mickey het gesê:
My pa het ek opgespoor toe ek 18 jaar oud was en ek wens ek het nie, hy wou nie van my bestaan weet nie en het ouerskap ontken dis mos maklik! se net dit is nie waar nie, wat weet jy as jy 18 jaar oud is? Ek het nou aanvaar dar hy net gemaak en laat staan het. Maar die wiel draai. Dink mooi mense of julle regtig in daardie bynes wil krap. Sterkte aan almal wat so verlore voel
25ste Mei. 2011, 13:40Hennie het gesê:
Ek het Phoenix opspoorders aangestel, en met die bietjie inligting wat ek wel gehad het, het hulle my ouers suksesvol opgespoor, wil net vir hulle baie dankie sê vir die wonderlike diens wat hulle lewer.
17de Apr. 2011, 00:36Karen Venter het gesê:
Goeie more ek is opsoek na my biologiese ouers van Bloemfontein. Ek is daar gebore in Bloemfontein hospitaal 5pond geweeg en ek was as Reynette Anel Germehuizen gedoop. My biologiese ouers was Mona Magdalena en Pa was Johannes Jacobus Germehuizen. Dit was die 21 Januarie 1967 en ek was laat lammetjie gewees. Ons was blykbaar 8 kinders gewees. My aanneem ouers van Danielskuil het my aangeneem en hulle is altwee oorlede. My stiefma was Corrie en Pa Sakkie van Niekerk wat my aangeneem en hulle het net die een seun Cobus. Ek is nie kwaad vir my biologiese ouers nie. Ek is baie lief vir julle. Ek wil julle graag ontmoet asseblief en ek sal baie bly wees om julle te kan kontak. Ek soek vir julle baie lank al en ek weet julle leef almal nog. Ek is baie lief vir sport en doen baie goed daarin met Fietsry, pluimbal, atletiek, swem, netbal, sagtebal ens en alles wat lekker is baie lief vir kook, breiwerk, hekel, dans, rondry en kuier lekker saam met vriende. Ek het blonde hare, blou oe, 1,53mm lank en gewig is 65kg, maar nie vet nie meer frisgebou. Ek sal baie bly wees as julle my kan kontak asseblief.
29ste Mar. 2011, 22:29Belinda Els het gesê:
I am looking for my dad, his name is Nicolaas Johannes Salemoo Els, and is is born in 1959/02/06. Can sombody help me please?
26ste Mar. 2011, 16:42Belinda Els het gesê:
I am looking for my dad, his name is Nicolaas Johannes Salemoo Els, and is is born in 1959/02/06. Can sombody help me please?
26ste Mar. 2011, 16:42Ester Nicolene Klue het gesê:
Dit is so sad dat daar so baie mense is wat deur gaan wat ek deur gaan, en ek het altyd gedink dit is net ek. Ek soek ook al lankal my pa. Die ergste is dat hy nie weet my ma was swanger toe hy weg is nie. As iemand net my kan se of hy nog bestaan. My ma was Hester Josina (Ina) Faurie. Ek is Oktober 1979 gebore en hy was in die Klerksdorp area. Sterkte vir almal en ek hoop dat daar darm vir van ons n gelukkige einde sal wees.
13de Mar. 2011, 16:10Suzette het gesê:
Sjoe ek is nie alleen nie, ek is nou al amper 37j. 15J terug het ek my biologiese ma opgespoor saam met die boetie en sussie. Ek is die middel ene, ousus het by oupa en ouma groot geword en kleinboet by ma. Gelukkig het my anneemouers my van vroeg af vertel en het my ondersteun toe ek begin soek het en baie vrae gehad het. Maar dinge het verander, want sien soos ek verstaan weet pappie nie eers van my bestaan nie. Hoe sal Isabel dit stel hy het my gemaak en laat staan. Gelukkig weet ek dat ons 3 kinders ten minste dieselfde pa het. Maar na al die jare het 'n mens na daai begeerte om te soek en te vind. Maar my groot bekommernis is wat sal sy reaksie wees en gaan dit regverdig van my wees om hom in die hande te kry as hy nie eers weet van my bestaan nie?
3de Mar. 2011, 12:21DIRK JOHANNES JACOBUS LIEBENBERG het gesê:
Ek is Dirk liebenberg.Ek is ok op soek na my pa hy is willem liebenberg ek is nou 31 jr oud en het hom laas in 2003 gesien het alle kontak verloor weet net hy het laaste in Piet Rietief gebly en is met sanntjie liebenberg getroud en het ok 2 ander kinders Hy het in tussen oupa geword en wil graag hom weer sien as enige iemand weet van hom,of enige inligting het KOntak my a.s.b by 0796833951 of 0793457211 my vrou se email is botes@in.com Sal enige inligting baie waardeer DANKIE
14de Feb. 2011, 12:11cecilea nieuwoudt het gesê:
Ek is dringend opsoek na my biologiese Ma. Sy was 20 toe ek en my broer aangenaam was, haar naam was: Engela Maria Cornelia Snyman. Sy het gebly in Long Road 461 ten tye van die aanneming. My naam was gerigistreerd as Leon Daniel Snyman.Ek en my broer was aangeneem in Kimberley hof op 27 Februarie 1964. Indien iemand my kan help e-pos my op cecileanieuwoudt@gmail.com dit is my vrou se e-pos
27ste Jan. 2011, 11:01louis het gesê:
Dit is vir my verbasend hoe kinders na hulle Pa of Ma soek.Ek is n Pa wat al vir 14 jaar na my kinders soek,en nooit sal ophou soek nie.Vandag is ek self baie gelukkig getroud met n wonderlike Vrou en dogter..Maar daar is n leempte in my,en daar is nie n dag wat verby gaan,wat ek nie aan hulle dink nie.Ek was jonk getroud skaars 23,en was baie populer,en was n profesionele sport man,en almal het my geken in die vroeer 90s,ek was dom en onnosel,en kon geen mooi vrou weerstaan nie.Een ding het tot die ander gelei..Ons is geskei,en ek kan net my self blameer,als was my skuld.Ek moes daai pad loop om n beter mens te word,ongelukkig het 2 pragtige kinders daar onder gelei,en ek kan nie se hoeveel keer ek jammer is nie.As God my kan vergewe,wie is die mens om my te kritiseer,ons almal maak voute..Soms tot ander se nadeel..Ek wil net vir my kinders en gewese Vrou se.Ek is so jammer,vergewe my..Ek mis julle en is nog lief vir julle,en dit sal eendag so saam my in die graf gaan,Etienne en Melanie,Pa mis julle,waar is julle?
31ste Des. 2010, 21:20charmain het gesê:
Charmaine Hancox Ek verstaan hoe jy voel Danieta van Rhyn. Ek is gebore in 1985 Germiston ons het in Klopperpark gebly ek ken glad nie my pa nie ek het geen foto's van hom nie. Ek het al vir my ma gevra wie is hy en dat ons vas sit daaroor en dan wonder ek hoekom? Maar al wat ek weet dat daar 'n gedeelte van jou weg is en wat ander se dit maak dit nie better nie. My familie het gese ek moet dit los maar my ouma het gese sy naam is Braam hy het bruin hare en bruin oe. Maar ek hoop en bid vir jou part dat jy hom sal ontmoet en dat jy nie moet op gee nie.
8ste Des. 2010, 15:35SONSKYN het gesê:
EK IS OP SOEK NA MY PA SY NAAM IS MARTHINUS JOHANNES VAN NIEKERK SY ID 6811055016087 KONTAK MY MET ENAGE INLIGTING ASB BY 0718852768 BAIE DANKIE
22ste Okt. 2010, 08:59Ben het gesê:
Ek soek my kind die se Ma is een van n tweeling hulle het op n kol gebly in Villiers die kind se Ma se naam was Petro en ek dink sy is getroud met iemand op Frankfort Help n bietjie
16de Okt. 2010, 14:47Sarie Bezuidenhout het gesê:
Ek soek my skoondogter se ma. Annemarie Erasmus. Nooiensvan Kruger. Gebore in 1959. My skoondogeter se pa se van was Opperman.
11de Okt. 2010, 22:48Laetitia het gesê:
Ek soek my kind se pa,sy word nou 11 jaar oud sy het hom nog nooit gesien nie en wil nou.En ek sukkel want ek het net n naam en n van en ek weet ook nie waar om te begin nie.
1ste Jun. 2010, 11:10Stefane Visagie het gesê:
Dit is swaar dat ons die vrugte moet pluk vir die dinge wat ons ouers doen. Ek word oor 'n maand 21 en ken ook nie my pa nie, ek weet nie eers hoe hy lyk nie, vandat ek kan onthou probeer ek hom opspoor, maar waar begin jy as jy net 'n naam het. Al hoe ek tot nou toe kon vrede maak daarmee is dat ek weet daar is een Vader wat my nooit in die steek sal laat nie en dit is die Hemelse Vader wat nog elke dag saam met my die lewens pad stap. Sterkte aan elkeen wat na iets soek in die lewe en ek hoop dat hul dit sal kry. By gesê wil ek vir my biologiese pa Fanie Ellis sê ek vergewe hom en weet dat geen mens sy kind net kan weggooi nie.
23ste Apr. 2010, 11:58werner roux het gesê:
ek soek my pa en het niks om meer te begin nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
9de Apr. 2010, 17:30Hetti Vanderwalt het gesê:
Ek het 'n kind in pleegsorg wat ook nie sy pa ken nie, die het van die aardbol af verdwyn selfs die polisie weet nie eers waar hy is nie, elke geleentheid wat hy kry gaan hy op die internet en soek na iets van sy pa. Al wat ons het is name en 'n id-nommer. Die skok toe Binnelandse Sake se webwerf sy pa onlangs as dood aangee...dae lank niks gese nie. Sy ma is tans oorsee en was sy pa se derde vrou. Daar is kinders uit die eerste twee huwelike maar hy ken hulle nie eers nie. Ek probeer help waar ek kan maar dis moeilik. 'n Mens moet weet.
12de Feb. 2010, 14:26Jean garner het gesê:
Ek was 21 toe na my biologiese pa begin soek het en wat n ondervinding was dit nie.Ek het onwettig met een van groot geword en soos die nagmerrie ontvou en besef ek het n heel anderse van en daar het die soektog uit nuuskierigheid ontstaan.Ek was ontnugter, vandag op n meer vowasse ouderdom wens ek ek het nooit destyds toe 21 ooit my eie nasate opgespoor nie.Maar nou ja n mens leer uit jou foute en lewe daar mee saam.Groete Jean Garner-Pretoria
28ste Jan. 2010, 11:47Thes het gesê:
Hi Danieta Ek weet hoe jy voel ek sit met dieselfde worsteling binne my. My ma is ook op 54 jariege ouderdom oorlede en ek het nooit werklik die waarheid geweet tov my biologiese pa nie al wat ek het van hom is 'n foto. Ek dink baie keer dat my donker kant dalk van hom afkom dit is asof ek net een helfte van my ken en verstaan die anderkant is duister. Ek het baie vrae en verwyte en ek glo omdat ek nie my eie pa geken het nie dat my 2de huwelik ook agv dit op die rotse is. Ek het my al baie afgevra hoekom moes hy my weggooi al was hy en my ma nie bedoel vir mekaar nie en ek was 'n groot oops is dit seker nie 'n rede om 'n deel van jou net weg te gooi nie. Ek wens jou alle voorspoed toe en hoop dat jy jou pa sal vind en dat jou verhaal mooier einde as myne sal hê.
27ste Jan. 2010, 16:08Michelle het gesê:
Danieta Ek het altwee my biologiese ouers opgespoor. Ek sou jou aanraai om met 'n maatskaplike werker te gaan praat. Hulle is nie veronderstel om geld te vra nie. Sterkte!
27ste Jan. 2010, 15:22