Willie Esterhuizen verloor sy vrou aan kanker
Foto’s: Phyllis Green Galery
Akteur en regisseur Willie Esterhuizen (ook bekend as Vetkoekpaleis se Worsie) se vrou, Glen, is eergisteroggend aan kanker oorlede.
Sy was 'n professionele ballerina en sy was sowat 30 jaar met Willie getroud.
Glen Esterhuizen het 3 jaar gelede slukdermkanker gekry. Willie het in 'n onderhoud met SARIE oor die moeilike tye van Glen se kanker gepraat.
Die vervaardiger Pieter Esterhuizen, Willie se broer en vennoot, het gesê sy skoonsuster het drie jaar gelede slukdermkanker gekry.
"Die dokters kon dit tóé goed onder beheer hou, maar later het dit na haar longe versprei. Dit is een van die ironieë van haar lewe. Sy was in haar lewenswyse 'n gesondheidsfoendi. Sover haar gesondheid dit toegelaat het, het sy tot aan die einde nog aërobiese oefeninge gedoen en by die gimnasium gaan dans. Dit klink vreemd, maar ons is dankbaar (dat sy oorlede is), want dit het haar lydingstydperk verkort." - Pieter Esterhuizen, Willie se broer, op www.nuus24.com
Willie en Glen het drie kinders, Toby (28), Teya (26) en Telulla (22). Glen se roudiens word Saterdag in Johannesburg gehou.
(Bron: www.nuus24.com)
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
Akteur Michael Douglas het kanker
SARIE Augustus 2010
Dokters het 'n gewas in die akteur se keel ontdek, en bevestig dat dit kwaadaardig is.
-
By Ruben Kruger se begrafnis
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
SARIE se Fanie Cronjé was 3 Februarie 2010 by Ruben Kruger se begrafnisdiens. Hy vertel:
-
Elize Cawood oor haar stryd teen servikale kanker
SARIE - Mei 2010
-
GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
Survivor 2010-wenner en klubeienaar GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek Stoute boudjies, wat in Desember 2010 uitgereik word.
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8
-
Molly en Wors se Willie
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 3
-
Ryk se suster, Elsje Blair: "Almal het my dood voorspel’
SARIE September 2010
Sy weet nou wat oorwinning beteken – nes haar broer, die Olimpiese swemkampioen Ryk Neethling. Ná verskeie brein- en rugoperasies teen kanker het die Bloemfonteinse joernalis Elsje Blair nog nie moed verloor nie.
-
Willie issie Worsie
SARIE - Junie 2007
Hy laat mense maklik lag. Maar die afgelope jaar was hel, vertel Willie Esterhuizen eksklusief aan SARIE-lesers.
















Kommentaar
Johan Potgieter het gesê:
Willie ons is met jou in hierdie tye. Ons maak staat op jou programme om ons van ons eie probleme te laat vergeet, en kan nie sonder dit nie. Ons vergeet julle is mense net soos ons. My vrou word die afgelope 10 Jaar vir n baie skaars lewer kanker behandel. DANKIE DAT JY DEUR DIE SWAARKRY IN JUL EIE LEWE NOG STEEDS ONS MET HUMOR KAN LAAT VERGEET VAN ONS EIE. KAN NIE TV INDINK SONDER JOU HUMOR NIE
23ste Feb. 2011, 18:40Hettie het gesê:
Willie, ons dink aan jou in hierdie moeilike tyd.
8ste Feb. 2010, 11:58