Zanne Stapelberg deel haar oorsese dagboek - Deel 1
Foto’s: Nick Aldridge Galery
Die SA sopraan Zanne Stapelberg was onlangs oorsee vir sang-meestersklasse in Lugano, Switserland. Sy deel haar (skreeusnaakse) dagboek met sarie.com.
18 Julie
Die klasse is in Italiaans. Almal praat Italiaans. Nog nooit was ek so spyt dat ek nie net vervlaks Italiaans behoorlik geleer het nie. Het gisteraand na 'n verbysterende tromboonkwartet geluister. Italiaanse pellies gemaak - "I'm easy"-Ambra en Laetitia-kieriebeentjies. Gister die dorp verken. O, asembenemend mooi. Soos iets uit 'n erg kunserige kunsfliek.
Die meer wat letterlik flonker. Dis lig tot halftien, ag man, dis soos die Waterfront op acid. Greyton en Kaapstad gekruis. Plein op plein tussen pragtig geplaveide kronkelstraatjies. En oral buite restaurante wat oorloop van mense. Ek is oortuig die liewe Here het 'n vakansiehuis in Lugano. My huismaats is twee Hello Kitty-Japanesies, Ayko en Liza. Te dierbaar.
Ons koshuis is 'n halfuur se loop van die konservatorium af (uitroepteken). Almal is vreeslik beïndruk wanneer hulle hoor ek is van SA.
Oe, hoe lus kry ek nou vir soesji. Anders as toe ek 13 was en ons vir niemand mag gesê het ons is Suid-Afrikaners, met die 1990-Europese kinderkoortoer nie. (En nou hoor ek hulle het die wêreld-koorkompetisie in China gewen (inlas, 16 Augustus). Hierdie sit ek nou en skryf in die meestersklas waarvan ek nie 'n woord verstaan nie. Dammit, Zanne.
Die maestra is besig om wondere te verrig met, wat ek gedink het soos 'n leggero klink, wat gedink het sy is 'n mezzo, en toe blyk dit 'n lyrico te wees na net 'n paar tegniese toetsies.
Ek't so pas my eerste les gehad. O, baie lig gewerp op dinge wat die stem so mooi gaan afrond.
*Lees elke dag vir die volgende paar dae uit Zanne se oorsese dagboek
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
















Kommentaar