elsje_en_ryk_as_klein_kindertjies
Lewe + Liefdes

Uit Elsje Neethling Blair se persoonlike foto-album

Volgens Sua du Plessis, publikasiebestuurder van CUM, is Ek droom van ’n droom reeds ’n topverkoper en was dit ná net ’n week op die winkelrakke onder die vyf topverkopers op die Nielsen-verkoperlys vir biografieë.

“Die maatstaf vir ’n suksesvolle publikasie is die verkoop van 3 000 boeke binne twee jaar. Ons (CUM) het binne ’n week 15 000 eksemplare van dié boek verkoop,” sê Du Plessis.

Ek droom van 'n droom

Elsje deel spesiaal ‘n paar gunsteling-fotos met ons:

Heelbo: Ek en Boeta (Olimpiese swemmer Ryk Neethling). Hy is en bly my held. Ons het veral Sondagmiddae wanneer my ma-hulle slaap, agter in ons erf huise gebou, met strate en geboue en als. Ons agterplaas is teenaan Naval Hill, die natuurreservaat. Ons het oor die draad gespring, Naval Hill uitgeklim met ons skurwe knieë en tekkies en die volstruise gekoggel. Stout! Die wildbewaarder op die reservaat het altyd ons ouers gebel om te kla, dan was daar groot marakkas. My ouers is ongelooflike mense, sterk met die nodige dissipline, maar met hope liefde.

Ek en Rykie. Hy is drie jaar oud en ek is ’n paar maande oud.

Ek en Angelina, my ander ma.

 Saam met Angelina Lehodi. Sy is nou 78 en werk ná 36 jaar steeds by ons! Sy is my ander ma en daar is ‘n hele hoofstuk oor haar in die boek. Ek is SOOOO lief vir Angelina. Sy’s ‘n treat.

My eerste swemtoer.

My eerste Vrystaat-swemtoer. Ek was sewe jaar oud.

Familie Neethling. Hier is ons in die 90"s!
‘n Mooi foto van my pragtige gesin. Van links is dit Ryk, my pa, Ryk, sus Jean-Marié, my ma, San-Marie, en ek.

Ek is met die kankergewas gebore, maar volgens die dokter het ek as kind gewoond geraak aan die pyn. Toe ek vir die skoolspan begin duik het, het die gewas begin drukking kry. Die oggend van 16 Januarie 1992 het ek wakker geword en kon nie loop of sien nie as gevolg van die drukking op my brein. My pa het my in sy arms opgeskep en ons is almal hospitaal toe. Dokters het voorspel ek het 2 maande oor. Die diagnose was choroid plexus carcinoma, ‘n baie seldsame en aggressiewe gewas. Daai tyd was daar net 4 mense in wêreld wat dit gehad het, en niemand het dit oorleef nie. Ek was so 11 toe hierdie foto geneem is, net voor die diagnose.

 Een van ons gesinsfoto’s uit die 90′s. Kyk net Rykie (heel regs) se lang hare – haha! Van links is dit ek, my ma, San-Marie, en pa, Ryk, en Jean-Marié. Hulle is my hele lewe, my hart se punt en was nog altyd my ankers.

My gunsteling vakansie in die Karibiese Eilande.

Tydens my gunsteling-vakansie in 2006 in die Karibiese Eilande. Hier is ek en my twee skoonsusters, Susan en Michelle, in die Grand Cayman-Caribbean. Ons is op ‘n sandbank waar ons saam met pylstertvisse (stingrays) geswem het in Stingray City. Custom has it that if u kiss a stingray, it brings u 5 years of good luck! Hier soen ons hom op sy mond! Lol. Dit het gewerk.

Op my troudag

Lentedag 2007 was my troudag. Hier is ek en Bruce saam met Amanda Strydom (my peetma) en Rykie. Dit was vir my die heel lekkerste om die groot dag te beplan. My ma het die mooiste detail in my troue ingebring. Sy het selfs maande voor die tyd houtspieëltjies laat sny wat ons vir maande soos die mooiste meerminne geverf het. Dit was ons bonding-tyd.

My ma het my geleer om die lewe se issues met humor aan te pak. Die lekkerste van my troudag was toe my peetma die liedjie wat sy vir my geskryf het vir die eerste keer in die kerk gesing het. En Casper de Vries het vir my ‘n stemboodskap gestuur om ons geluk te wens. Dit was baie spesiaal.

Met my krale.

Met my beads-www.hip-e.co.za Ek het die gemeenskapsprojek i bead cancer in 2008 by die nasionale hospitaal in Bloemfontein begin. Ek het gevoel ek kan nou elke dag miserabel wees en suur by daai hospitaal sit en wag vir bestraling, of ek kan dit lekker maak. Toe gaan haal ek eendag my beads en strooi dit op ‘n tafel. Hulle het my net so aangekyk. Later het ‘n klomp terminale kankerpasiënte nadergestaan en ons het elke oggend voor chemoterapie en bestraling ge-bead en gesing en saam gelag. Dit was ‘n beautiful ervaring. Selfs die dokters het later na my gekom en gesê: “Jy het  ‘n ding hier begin. Gewoonlik kan die pasiënte nie wag om hul behandeling te kry en huis toe te gaan om te rus nie. Nou, MET JOU BEADS, vergeet hulle waarvoor hulle hier is. Dankie!”

Dit vat so min om ander te help deur swaar tye.

My 10 jaar-skoolreünie. Wêreldbekersokkertoernooi, SA teen Frankryk in Bloemfontein.

By my tienjaar-reünie in 2008 by die Eunice-hoërskool in Bloem. Dis al vir 25 jaar die Vrystaatse skool met die beste uitslae in die matriekeindeksamen. Hierdie pêlle het my op    skool deur my siekte gedra.

Saam met my pa en sus Jean-Marié by die Wêreldbeker- sokkerwedstryd tussen SA en Frankryk in Bloemfontein. Ons was van kop tot tone uitgerus in ons Bafana-klere!

Ontmoeting met Oprah.

In 2011 is ‘n eredoktersgraad deur die Universiteit van die Vrystaat aan Oprah Winfrey oorhandig. Dit was my grootste dag nog! Ek het vir  Oprah ontmoet, maar toe sy my vra : “What’s your name?”, toe slaan ek ‘n blank en vergeet alles! Haha! Prof. Jansen moes haar sê wat my naam is.

Saam met Izette Krogman op haar troudag.

Izette Krogman is een van my groot universiteitsvriendinne van die Puk. Ons het saam joernalistiek geswot. Sy kon baie mooi foto’s neem. My ander groot pêlle van Puk is Maiza van der Merwe-Lourens, Chandre Pretorius, Martin van der Linde en Danie Breedt. Ons was baie close en sien mekaar taamlik gereeld by Aardklop. Hierdie foto is op Izette se troudag geneem.

Elsje Neethling Blair en Sarah Kate Scott.

Saam met Sarah Kate Scott. Sy is Darren Scott se vrou. Hierdie foto is geneem net voor klein Mark met kanker gediagnoseer is. Ons het groot pêlle geword. Sy is die dierbaarste mens.

Familiesamtrek op Dealesville.

By ‘n Neethlingfamilie-reünie op ons familieplaas in Dealesville in die Vrystaat. Ek was siek met bestraling. Ons is ‘n groot hegte familie. Hier’s al die niggies en nefies en ooms en tannies.

Saam met Casper de Vries en Shaleen Surtie-Richards

Saam met my groot maatjie, Cassie (regs), ná sy show in Bloemfontein. Casper ondersteun my geweldig met my stryd teen kanker. My sussie (links) was saam hier en ook Shaleen Surtie-Richards (naaslinks). My peetma, Amanda Strydom, en Cassie is groot maats. Toe Rykie die Athene-medalje gewen het, het Cassie haar gevra of hy Ryk kan kontak om hom geluk te wens. Hy het. Ek en hy het so kontak gemaak en is sedertdien baie close pêlle. Ek leer baie by hom, soos om die klein goed te waardeer en lief te hê en om sterk te staan – al beteken dit dat jy groot teenspoed kry van buite. Glo in wat jy glo en wees jouself.

Elsje Blair  

Hierdie foto van my hang waar hulle die mammogramme doen in Rosepark Hospitaal in Bloemfontein. Dis great dat ek iemand uit my jarelange swaarkry bietjie kan bemoedig.

  • Elize Rust Coetzer

    Elsje jy het my weereens so geinspireer met hierdie fotos so laat besef ons moet ons doel op aarde uitleef en omvou. Ja dit laat my wonder of ek ooit genoeg doen of ek ooit besef dat die Here ons deur goed laat gaan dat ons net beter en beter mense aan die anderkant kan uitkom met dankbare hart en lied op ons lippe en hart vol liefde. Lovies so bly ek het jou ontmoet

  • wendy

    wat n pragtige storie van so n positiewe mens en n wonderlike familie …pragtige fotos ai sterkte girl mens kan maar net wonder hoekom dit altyd gebeur ,,,

  • Rosie

    Liewe Elsje
    Dankie vir jou positiews uitkyk in die lewe – dit laat n mens sommer soveel beter voel al, het n mens ook een of ander dinge wat nie so lekker is nie.

    Dankie dat jy ook ander se lewe n bietjie sonniger maak.

    Alles van die beste vorentoe vir jou en mag alles wat jy aanpak n groot sukses wees.

    Groete en Sterkte

    NB! Sak kyk of ek jou boek in die hande kan kry!!!

  • monica

    Wat ‘n pragtgie bemoedigende storie en die foto’s wat spreek daarvan.Baie dankie dat jy jou lewe so deel!! Dit is inspirerend!!En ek is seker het soveel mense al geraak,net soos vir my toe ek dit lees.

  • Lydia vd Walt

    Hierdie gesin het n klomp vasbyters soos ek nog nooit gesien het nie. Hulle is n wonderlike voorbeeld vir ons almal. Ons bid dat n wonderwerk sal gebeur sodat Elsje volkome sal herstel.

  • Jan van Huyssteen

    Elsje

    Baie dankie vir die positiewe manier waarop jy mense inspireer. Ons lees jou boek en ek glo my dogter wat met fibriomiagie gediagnoseer is, sal baie hieruit kan leer.

    Jy’s ‘n pragtige mens.

  • rika

    Wow Fantasties!!! Ek het net Woensdag vir Elsje in Bloemfontein raakgeloop en dadelik vir haar gaan se dat haar boek SO ‘n inspirasie is!! Hierdie fotos WYS ook hoe ”n mens mens sy is!!!

  • Andries Viljoen

    Elsje

    10 uit 10 vir jou ,hou so aan jy is `n pragtige voorbeeld vir baie mense.

  • Ilze Jordaan

    Jy is so ‘n great inspirasie vir ‘n mens. Ek is gediagnoseer met SLE in middel 2011, en die pad was nie maklik tot nou toe nie. Ek het my seuntjie by Ryk se swemskool ingeskryf so 3 maande gelede hier in Faerie Glen, en net om hom te sien, is ook ‘n inspirasie. Mens voel somtyds dat jy net wil gaan plat le, en dan sien mens weer mense soos jy, wat soveel doen en aanpak, dan kry jy weer nuwe krag. Hou aan met wat jy/julle doen. Almal sien dit raak!

  • Ansie Murphy

    Dit is wonderlik om te sien hoe positief Elsje is, ek is seker dit is glad nie maklik nie. Dit wys jou nou net wat glo en vertrou in God kan doen. Hou Sy hand vas en Hy sal die pad saam met jou loop.
    Jy is pragtig. You go girl!

  • beppie

    Liewe Meisiekind jy is voorwaar n grote engel wat neergelaat is op hierdie aarde, Jy laat my net weer bevestiging kry dat daar wel engele is en die mooiste hemel. Jy is pragtig, jy is n kleine wonderwerk en ek wonder of jou ouers weet hoe kosbaar is jy hier op aarde vir alamal van ons. Mag die Hemelse Vader sy engelkind hier op aarde se pyn en seer verlig, soos wat jy ons moedeloosheid, ongeloof en bang verlig, sterkte en baie liefde

  • Gloria

    Ai Elsje, ek lees tans die berig hier by die werk en ek moet die trane net keer! Jy’s so ‘n wonderlike mens en mens kan sien jy’t ‘n pragtige hart. Ek dink aan jou en bid vir jou. Wees sterk en glo meisie!

  • Etta Muller

    Ek wil ook net se die boek het my terug gevat 29 jaar gelede toe my pragtige dogtertjie toe 10 jaar oud met Karsinoom gediagoniseer is en hulle haar regterarm moes ampiteer..Sy is vandag 40 jaar oud en groot inspirasie vir almal om haar. Hou moed en dit sal goed gaan met jou..Ek wat nooit boek lees nie het jou boek in een dag gelees!! Dink aan jou

  • Dot Brits

    Hou moed Elsje, waar lewe is, is altyd HOOP! Ek het my moeder verloor op 29ste September 2012, maar sy het ‘n baie geseende ouderdom bereik! Nou is my skeppingsdoel om te bid vir elkeen wat Kanker survivors is – want GOD ken elkeen se tyd, ken elkeen se pyn, en sal nooit iets oor jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie. Jy’s vir ‘n wonderlike doel nog elke dag gespaar want baie het jou inspirasie nodig!!
    Vlieg altyd hoog, sprei jou vlerke, droom jou drome en mag GOD se Genade jou altyd bybly!

    Josua 1:9

    Blessings
    Dot Brits