Lewe + Liefdes

Fifty Shades of Grey groter as Harry Potter en Dan Brown

Random House (VK) het aangekondig dat meer as 4 miljoen eksemplare van die Fifty Shades of Grey-trilogie, die mommy porn-boeke deur EL James, verkoop is. Dit sluit e-boeke en verkope in oorsese lande soos Australië, Nieu-Seeland, Indië en Suid-Afrika in.

Volgens Nielson Bookscan staan die VK se syfer op 765 000 boeke en is Fifty Shades of Grey vir die tiende week die nommereen-verkoper.

Waaroor gaan al die bohaai?

Anastasia Steele, ‘n student, ontmoet Christian Grey, ‘n jong, suksesvolle besigheidsman met perverse seksuele neigings. Sy raak op hom verlief en hy stel beslis in haar belang, maar hy doen nie liefde nie. Hy bied haar wel ‘n kontrak aan om sekere ‘dienste’ aan hom te lewer. Nou ja, dis ‘n warm verhaal van ‘n jong meisie uit middelmatige omstandighede wat deur ‘n held op ‘n wit perd gered word. Net jammer die held dra ‘n masker.

Die skrywer van die trilogie, EL James, is die eerste skrywer wat ervaar hoe dit voel as jou drie boeke meer as 100 000 eksemplare in ‘n enkele week verkoop. Dis ongelooflik om te dink dit het net twee maande geneem vir hierdie boeke om meer te verkoop as Dan Brown se Da Vinci Code. Dit het Da Vinci Code ses maande geneem om by 765 000 eksemplare te kom en dié boek is tot nou toe beskou as die beste sagteband-verkoper. Nou ja, daar is nog ‘n rekord gebreek.

Kyk na ‘n onderhoud met EL James, skrywer van Fifty Shades of Grey

[box:full:red:both]
Het jy al die boek gelees? Wat dink jy daarvan?

[/box]
  • Tawaccill

    PfaZgk tods outlet FaxNkd http://todsshoesoutlet.webeden.net/

  • Lida Hiscock

    Ek is tans besig met die tweede in die trilogie, en eerlik waar dit is "gr8". Na die eerste wou ek net weet wat tussen die twee gaan gebeur en hoekom Mr Grey so vreemde neigings het. Kan dit vir enige leser aanbeveel, jy sal nie teleurgestel wees nie.