Barry Ronge se top 5-flieks vir die begin van 2012
Die Oscars is om die draai en ons het by die vermaakjoernalis en -resensent Barry Ronge gaan uitvind watter 5 flieks hom vir die eerste 3 maande van 2012 werklik opgewonde het.
1. "Material"

'n Skitterende Suid-Afrikaanse fliek met Riaad Moosa – 'n teer, eerlike en smaakvolle studie oor 'n Moslem-gesin in die hedendaagse Suid-Afrika.
* Vanaf Vrydag 17 Februarie 2012 in fliekteaters landwyd.

'n Bekoorlike, hartverskeurende dog pragtige fliek oor 'n jong man se totale verliefdheid op die wêreld se grootste silwerdoekster, Marilyn Monroe.
* Vanaf Vrydag 17 Februarie 2012 in fliekteaters landwyd.
3. "Hugo"

Martin Scorsese het 'n wonderlike magiese verhaal geskep oor die beginjare van flieks.
* Vanaf Vrydag 16 Maart 2012 in fliekteaters landwyd.

Maggie Thatcher gespeel deur Meryl Streep? Hoe's daai vir 'n dubbeldosis mag en breinkrag!
* Vanaf Vrydag 10 Februarie 2012 in fliekteaters landwyd.
5. "Tinker Tailor Soldier Spy"

'n Skitterende weergawe van die John Le Carre-roman oor die Britse spioennetwerk.
* Vanaf Donderdag 8 Maart 2012 in fliekteaters landwyd.
Na watter fliek sien jy die meeste uit?
Verwante artikels
-
Regardt se Hollywood-droom word waar
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 1
Tien jaar lank het die draaiboek in regisseur Regardt van den Bergh se kop afgespeel. Nou gaan dit verfilm word: Sy epiese Jesus-fliek The Lamb. En dit gebeur alles op Hollywood-skaal.






















Kommentaar