mandela_long_walk
Flieks

Mandela-film: Só lyk die plakkaat

Die film, Mandela: Long Walk To Freedom, is ‘n verwerking van Mandela se outobiografie Long Walk to Freedom vir die grootskerm. Die eerste plakkaat is by Cannes deur die vervaardigers Anant Singh en Harvey Weinstein van The Weinstein Company bekendgestel. 

Die verfilming hiervan het reeds verlede jaar in Mei begin en is regoor Suid-Afrika geskiet: KwaZulu-Natal, Kaapstad by Cape Town Studios, in Johannesburg en in die Oos-Kaap waar Mandela gebore is. Die verfilming is glo in September voltooi.

Volgens Die Burger, het Anant reeds met Mandela in die tronk vir die filmregte van sy lewensverhaal onderhandel. Hy het dit finaal in 1996 gekry toe sy outobiografie gepubliseer is.

Mandela: Long Walk To Freedom begin op 6 Desember vanjaar in Suid-Afrikaanse teaters draai. Die Britse akteurs Idris Elba (wat saam met Charlize Theron in Promotheus gespeel het) en Naomi Harris (Skyfall) speel onderskeidelik Nelson en Winnie Mandela.

Idris ElbaNaomi Harris

FOTO: Idris Elba (links) gaan Nelson Mandela vertolk en Naomi Harris (regs) Winnie Mandela.

Gys de Villiers speel FW de Klerk, Fana Mokoena is Govan Mbeki, die sangeres Nomfusi Gotyana speel Miriam Makeba, en die komediant Riaad Moosa speel Ahmed Kathrada. Terry Pheto, Rob van Vuuren en Grant Swanby is ook in dié film te sien.