the_best_exotic_marigold_hotel
Flieks

Fliekresensie: The Best Exotic Marigold Hotel

So paar weke terug dink ek dit wys om die besonderse Woody Allen-film, Midnight in Paris, aan te beveel aan ʼn vriend se bejaarde ma. Sy het Parkinsons en kan nie meer lekker beweeg of bestuur nie, maar met haar verstand makeer daar niks nie.

Die middag is ʼn reuse sukses. My keuse van film, asook die roomys wat na die tyd genuttig word, word hoog op die prys gestel. Voor ek my oë kan uitvee word my film-aanbeveling en die Saterdagmiddag fliek ʼn maandelikse instelling en groei die groep oues van dae wat aangery word. (My vriende is nou almal op die ouderdom waar ouma’s en ma’s se gesondheid begin lol.)

Nou voel ek nogal die druk om ʼn film te kies. Behalwe dat dit die ou tannies moet vermaak, verwag hulle ook ʼn sekere gehalte film. Moenie hulle beledig deur iets lafs soos ʼn ‘chick flick’ voor te skryf nie. O, nee, ek sal nooit die einde hoor nie. Boonop gaan my vriende saam en moet hulle ook deur die film sit.

The Best Exotic Marigold Hotel
gaan my reputasie as film-resensent extraordinare onder die ‘Ou Tannie Klub’ net goed doen.

Kyk net na die rolverdeling. Judi Dench, Maggie Smith, Tom Wilkinson en onder andere Bill Nighy in een film! Reg aan die begin van die verhaal sit die klomp oues so op ʼn streep en ek dink, Genade, dit is die ikone van die Britse filmbedryf, almal in ʼn netjiese rytjie.

In ʼn neutedop gaan die film oor ʼn groep Britse pensionarisse wat vir verskillende redes by die Best Exotic Marigold Hotel in Indië opdaag. Sommiges het finansiele probleme, ander soek liefde en een het selfs gekom vir ʼn heupvervanging. Natuurlik het die hotelbrosjure almal om die bos gelei en is die hotel meer ‘eksoties’ as wat verwag is.

Die film is komies, maar het diepte. Die drama is wel nie swaar nie. Jy’t nie ʼn vakansie nodig na die tyd nie. Die dialoog is skerp, maar nie onnodiglik kompleks of windmakerig nie. Almal haal uit en wys, maar Bill Nighy steel nogal die kollig met sy subtiele vertolking van die gawe, lojale Douglas.

Daar is dalk ʼn paar stereotipes (soos die gawe, kleurvolle Indiër diensmeisie en die anale, bleek Britse toeris), maar wie gee om vir ʼn stereotipe as die storie soveel hart en siel het.

So, vat dus jou ouma of jou ma om The Best Exotic Marigold Hotel te gaan kyk hierdie naweek. Jy gaan baie punte score.

* Vir nog deur resensent Reney Warrington: www.reneywarrington.co.za

GENIET DIE VOORSKOU!


  • Bettie Coetzee-Lambrecht

    Ek is een van daardie Ou Tannies wat hier in die Kaap in ‘n seal vol jong mense (word 30, 40 oppad na 50 nog as "jonk" gereken? En het ons nie saam uit die maag en hart gelag nie. En tussen-in ‘n traan en ‘n knop op die maag weggevee. Terloops, selfs die manne (jonk, soos hierbo) en die Ou Manne het met groot glimlagte uitgestap. Dis inderdaad ‘n fliek vir enigeen wat in menswees ‘n vreugde het. Raak gevat, Reney!

  • Rony

    Warum nicht zur Not zwei Jahre recherchieren, um fuetzestellsn, wie Maschmeyer seine Kontakte ausnutzt ?Nehmen wir mal an L tgert h tte einen lupenreinen Beitrag abgeliefert. Was h tte es gebracht? Und wem? So konnte der gew hnliche Fernsehkonsument ein bisschen Erregungspotenzial abbauen, um wieder durch den n chsten Tag zu kommen. Ist solcher aus Geb hren finanzierter Aufwand zu verantworten, um dem sthetischen Empfinden einer Minderheit zu gen gen? Die armselige Wahrheit steht h ufig genug im tristen Scheinwerferlicht, ohne l nger als ein paar Tage Michels Emp rungsgefieder aufzuplustern.Gegacker, Lethargie und Zynismus sind die Ausdrucksformen der Hilflosigkeit. L tgert w hlt die eine Option. Was mir am meisten Kummer macht, ist das bohrende Gef hl, dass die globale apokalyptische Kommerzialisierung im Gegensatz zu gro en Teilen der Welt auf sehr hohem Niveau jammern l sst. Eine sch ne axis of evil macht es einem einfacher.