fliek
Flieks

Jou fliekgids vir die week: 13 – 20 Mei

Om te gaan fliek is steeds een van die beste uitstappies en beslis ’n bederf. Elke Vrydag gee ons vir jou die lys van rolprente wat nuut begin draai, ons lig die Afrikaanse flieks vir jou uit en dié waaroor ons steeds opgewonde is.

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Amy

Amy was die wenner van 2015 se Oscar vir beste dokumentêre film. Daar was groot afwagting vir dié prent van Asif Kapadia en dis met uitstekende resensies ontvang. Amy vertel Amy Winehouse se storie, maar nie die een wat jy in die media lees nie, nié die een oor dwelms en selfverwoesting nie. Kapadia vertel eerder die storie van die talentvolle jazz-sanger en -liedjieskrywer wat meer bekend geword het as wat sy of haar familie ooit sou kon raai, en oor wat daardie roem aan haar en haar verhoudings gedoen het. Beslis ’n “moet-sien” vir enige aanhanger van haar musiek.

Angry Birds

Jy kan lankal nie meer sê dat animasiefilms net vir die jongspan is nie. Deesdae kan oud en jonk hierdie films saam geniet. Angry Birds vertel van ’n eiland vol gelukkige, landgebonde voëls wat skielik besoek kry van ’n ras groen varkies. Drie onwaarskynlike helde gaan vind meer uit oor hul eiland en oor hoe hulle dit teen dié nuwe bewoners kan beskerm.

Hierdie naweek is ook die laaste naweek van Cinema Nouveau se Europese Film Fees. Elke dag tot en met die 15de Mei draai Europese films in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria en Durban. Maak seker jy gaan kyk na die skedule vir iets wat jou kennis van films sal verbreed en jou kop met nuwe stories van oor die waters sal vul.

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is ook op die grootskerm te sien.

Suid-Afrika se jong talent

Mignon “Mossie” van Wyk

fliek

Free State

fliekgids

Verskietende ster

fliekgids fliek

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem!

Modder en Bloed

modder en bloed

Happiness is a Four-letter Word

Happiness is a four letter word

Cate Blanchett se nuwe rol

Opgewonde oor

Die wêreld gons steeds oor dié rolprente.

Bad Neighbors 2

Captain America: Civil War

Demolition

The Jungle Book

Miracles from Heaven

fliek

Irrational Man

Macbeth

Batman v. Superman: Dawn of Justice

fliek fliekgids

Eddie the Eagle

fliek fliekgods

Spotlight

Spotlight poster

The Dressmaker

DressMaker poster

How to Be Single

how to be single poster

Room

fliek

Brie Larson verloof!

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook

Jou fliekgids vir die week: 6 – 13 Mei

Só mooi! ’n Modeparade in Havana se hoofstraat

Oscars: Húlle is benoem