fliekgids
Flieks

Jou fliekgids vir die week: 6 – 13 Mei

Elke Vrydag gee ons vir jou die lys van rolprente wat nuut begin draai, watter flieks steeds te sien is en dié waaroor ons opgewonde is. Hierdie naweek is ook Moedersdag, so jy het vir seker ’n rede om by die flieks uit te kom!

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Mother’s Day
Hierdie naweek begin Mother’s Day draai. ’n Goedvoel-fliek met bekendes soos Kate Hudson, Jennifer Aniston en Julia Roberts vertel die storie van ma-wees en die verhoudings wat daarmee gepaardgaan. Bespreek sommer nou jou kaartjies en vat jou ma saam!

Moedersdag in Kaapstad: Doen hierdie dinge saam met jou ma!

Miracles from Heaven
Christy (Jennifer Garner) se dogter Anna Beam (Kylie Rogers) lewe met ’n ongeneeslike siekte: sy kan nie kos verteer nie. Maar Christy hou nie op soek na ’n oplossing vir haar dogter se toestand nie. Op ’n dag verander alles toe Anna van ’n boom af val en haar kop hard kap.

Bad Neighbors 2
As ek moet oordeel deur net na die lokprent te kyk, dink ek hierdie tweede film gaan nóg snaakser wees as die eerste Bad Neighbors. As jy die eerste een gekyk het, sal jy ’n idee hê van wat op jou wag: ’n getroude paartjie sukkel met die studente wat in die huis langsaan ingetrek het. Dié keer is dit meisies wat in die huis woon en partytjie hou, en hulle kry Teddy Sanders (Zac Efron) in om te help. Seth Rogan, Zac Efron, Rose Byrne, Selena Gomez en Chloë Grace Moretz is in die opvolgprent te sien.

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is ook op die grootskerm te sien. Mignon “Mossie” van Wyk begin vandag draai.

Suid-Afrika se jong talent

Mignon “Mossie” van Wyk

Free State

fliekgids

Verskietende ster

fliekgids fliek

Modder en Bloed

modder en bloed

Happiness is a Four-letter Word

Happiness is a four letter word

Opgewonde oor

Die wêreld gons steeds oor dié rolprente.

Captain America: Civil War

Demolition

The Jungle Book

Irrational Man

Macbeth

Batman v. Superman: Dawn of Justice

fliek fliekgids

Eddie the Eagle

fliek fliekgods

Spotlight

Spotlight poster

The Dressmaker

DressMaker poster

How to Be Single

how to be single poster

High Strung

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook