Hieroor praat mense

1 van 5 kleure lipstiffie in jou November-uitgawe

[box:full:grey:both]

Ons bederf jou dié maand met een van dié 5 kleure vir jou lippe:

[/box]

 Koraalrooi Koraalrooi: Dié kleur is baie gewild op die oomblik, en is ‘n treffer vir die dag óf nag. Kies die beste koraal vir jou na aanleiding van jou vel se ondertoon. As jy ‘n warm ondertoon het, gaan vir ‘n oranje- of pienk koraal. ‘n Koraal met ‘n blouerigheid werk goed vir ‘n koue ondertoon.
 Lipglans Lipglans: As jy nie die moed het om ‘n helder kleur op jou lippe te dra nie, is ‘n naakkleur die perfekte opsie. Dit gee ‘n tikkie kleur sonder om oorweldigend te wees.
 Bessierooi Bessiepienk: As jy ‘n baie ligte vel het is bessiepienk die ideale kleur vir jou, ongeag van jou vel se ondertoon. Dit sorg ook vir ‘n sagte, vroulike, romantiese voorkoms. 
 Neutbruin Neutbruin: Só ‘n kleur lyk pragtig op ‘n olyfkleurige vel. As jy ‘n ligte vel het, gaan dié kleur dalk te lig wees vir jou.
 Bessiepienk Bessierooi: Rooi lippe sal altyd in die mode wees en is ‘n klassieke lipkleur. Gebruik eers ‘n rooi lipomlyner in dieselfde rooi skakering om te keer dat die lipstiffie nie “bloei” nie.
  • Annaline de Wet

    ek kannie wag nie, dit is so lekker om ‘n geskenkie te kry.

  • Chrisma bruwer

    Ek wil elke kleur "Lippe" so graag he!! Moet ek nog 4 Saries koop of kan ek by julle dit bestel.? Please Please Please!!!

  • Karen van der Westhuizen

    Ek het bessiepienk gekry, baie dankie Sarie, love die kleur! Wat ‘n lekker bederf en verrassing!

  • Elzabè Prinsloo

    Pragtige serpies, armbande, lipstiffies ……kersfees dwarsdeur die jaar, te lekker!

  • Dianie Herholdt

    Ek het die bessierooi gevat – PRAGTIG 🙂 Dankie Sarie!

  • A v d Walt-

    Daar was nie in die intekenaarspakkie nie ?

  • Sandy

    Dit is die wonderlikste gratis geskenk! Ek soek die maak van die lipstiffie! wil nog kry. Dit is fantastiese produk.

  • Jammie Olivier

    Daar was verlede jaar ook by ‘n uitgawe gratis lipstiffies waarvan ek die Melkskommelbruin gekry het. Daar was ook ‘n pienk, wil baie graag die naam van die pienk he, of as ek dit dalk iewers kan bekom sal dit gaaf wees.

    Ek het nou al vir my 3 Saries gekoop om verskillende kleure te kry.