A photo by Mia Domenico. unsplash.com/photos/1z1F5Qc30Bs
Hieroor praat mense

10 feite oor foto’s & fotografie

Op Wêreld-fotografiedag deel ons dié 10 interessante feite oor foto’s

1. Merci France! Ons vier vandag Wêreld-fotografiedag omdat 19 Augustus 1839 die dag was toe die Franse regering die uitvinding van die foto as geskenk aan die wêreld “gegee” het. Om dit te doen moes hulle die patentreg op die daguerreotipe-proses van Louis Daguerre koop. Dié proses was die voorloper van moderne foto-ontwikkeling.

2. Koningin Victoria en prins Albert was albei kranige amateurfotograwe. Vroeg reeds het hulle in Windsor-kasteel ’n donkerkamer laat inrig. Koningin Victoria was ook die eerste mens wat na “photographs” verwys het as “photos”, en wel in ’n brief wat sy in 1860 geskryf het.

3. ’n Fotonemery was in die vroeë dae van portretfotografie ’n langdradige affêre, aangesien die film vir ure lank blootgestel moes word aan lig. Stel jou voor hoe moeilik dit was om daardie Victoriaanse kindertjies in hul stywe pakkies so lank te laat stilsit!

4. Daar word beraam dat die mensdom al meer as 3,8 biljoen foto’s geneem het. En 250 miljard foto’s is al op Facebook gelaai, teen die spoed van 350 miljoen foto’s per dag.

5. Vandag word daar elke 2 minute net soveel foto’s geneem as wat daar deur die loop van die hele 19de eeu geneem is.

6. George Eastman, die eienaar van Kodak, het sy maatskappy genoem na die geluid wat ’n kamera se sluiter maak.

7. Die eerste digitale kamera is in 1975 ontwikkel. Dit het 23 sekondes geneem om die foto van 0.1 megapixel te skep. Vandag neem ’n Nokia Lumia 1020 foto’s van 41 megapixels.

8. Robert Cornelius het die eerste selfie in 1839 geneem. Hy was ’n apteker en fotografie-entoesias wat in die familiewinkel geëksperimenteer het. Hy het die lensdoppie afgehaal en gehardloop vir die stoel waarop hy etlike minute doodstil gesit het. Agterop daardie foto skryf hy later: “Die eerste lig-prent wat ooit geneem is. 1839”

download

9. Vandag is die internet vol katkiekies, maar dit lyk of katte nou maar eenmaal ’n manier het om in mense se harte te kruip. Harry Pointer het in 1870 al katte in allerhande maniere laat “poseer” volgens verskillende temas. Hierdie Happy New Year-, Five oclock Tea- en Bring up the dinner Betsy-poskaarte was ’n wegholsukses.

10. Peter Lik se 1999-natuurfoto Phantom is die duurste foto nóg. Dit val in die kunsfoto-genre en het verkoop vir byna R88 miljoen ($6, 5 miljoen).

FOTO Peter Lik se Phantom

FOTO Peter Lik se Phantom

Bronne: BuzzFeedAllusefulinfo.com, publicdomain.com, Mashable, Express, Business Insider

Lees nou

5 kinders wat die gesig van ’n stryd geword het

Onthou-foto: Roland met sy klere in die swembad!