spaar

FOTO Justin Badenhorst

Hieroor praat mense

7 geheime van mense wat spaar

Jip, dit wil gedoen wees. En kán gedoen word! Spaar gaan nie net oor geld wegsit nie, maar ook oor slim en kreatief wees met dit wat jy besit en dit wat jy koop.

Julie is Nasionale Spaarmaand, en hoewel ek nie baie goed is daarmee nie, is ons redaksie goed om wenke te gee. Ek hoop hierdie help jou.

1. Bespreek jou vlugte een op ’n slag. Moet liewer nie retoervlugte koop nie, omdat individuele pryse soms goedkoper is. Vergelyk ook pryse en bespreek jou vlugte by verskillende lugdienste.

2. Vlieg op Dinsdae, Woensdae en Saterdae. Dis gewoonlik goedkoper!

3. Plaas ’n koekie seep tussen jou truie om vismotte weg te hou. Doen dit ook as jy winterkomberse in ’n kas bêre. Dit ruik baie lekkerder as motbolle.

4. Laat jou handsakke op ’n rak lê, want as hulle hang, rek die leer vinniger uit.

5. Gaan saam met vriende Makro toe. Só kan julle gebruik maak van spesiale aanbiedinge en in groot maat koop en dit tussen julle verdeel.

6. Stel ’n tydlimiet aan jouself. Gaan winkels toe tydens jou middagete – hoe minder tyd jy het om in winkels rond te loop, hoe minder is die kans dat jy koop.

7. Draai die sitplekkussings van jou rusbank gereeld om, so ook jou matras. Albei sal langer hou.

BRONNE: A Small Life, Lounette Fourie (SARIE se dekorrekakteur)

Lees nou

Sperdatums shmerdatums! Só hou jy daarby

#9tot5: Hier’s jou middel-van-die-jaar-motivering!

Winter-apps vir lui mense!