sk0907koejawels05micky_hoyle
Hieroor praat mense

“10 SA dinge wat ek wens Amerika gehad het”

1. Woolies
“My liefde vir hierdie winkel ken geen einde nie. In SA is dit nie ‘n goedkoop plek om by te koop nie, maar met die rand-dollar-wisselkoers beteken dit my kookstaking kan voortgaan en ek sal op hul vars slaaie en ander wegneemetes kan leef.”

2. Savanna Dry & Savanna Light
“Om ‘n sider in US te drink is nie oukei nie. Dis gewoonlik heeltemal te soet en glad nie cool nie. Sou Savanna in die VSA beskikbaar wees, sou dit moontlik kon verander.”

3. Suid-Afrikaanse wyne
“Stadig maar seker sien ons dat meer SA wyne deur Amerika ingevoer word, maar beslis nie vinnig genoeg nie. Mense kyk my steeds snaaks aan wanneer ek vir hulle sê dat ek die Suid-Afrikaanse wynlande besoek het – hulle het g’n idee dat dit bestaan nie.”

4. Koejawels

“In Amerika word koejawels as duur, eksotiese vrugte beskou. Hier in SA is daar vars koejawels, koejawelsap, koejawel-jogurt, gedroogte koejawel… Ek’s mal oor koejawels en jaloers op SA vir al die koejawels.”

5. Om nie jou eie petrol hoef in te gooi nie…
“Ek kom oorspronklik van New Jersey, een van slegs twee state in Amerika waar jy nie jou eie petrol hoef in te gooi nie. Dalk klink dit lui, maar ek haat dit om self petrol te moet ingooi.”

6. Afrika-tyd
“Suid-Afrikaners is luilekker-mense. Ek’s altyd laat vir alles, so Afrika-tyd is my tipe ding…

7. Die hemelruim saans
“Daar is ongelooflike plekke vir sterrekyk in Amerika, maar nie een van hulle kom naby wat ek in SA gesien het nie”

8. Warmwaterbottels
“Ons het dit in Amerika, maar niemand gebruik dit nie.”

9. Kilometer en kilogram
Dit klink belaglik, ek weet. Maar ek voel beter as ek 5 km in plaas van 3,1 myl op die trapmeul gedoen het.

10. Springbok, koedoe, volstruis en, en, en.
Vleis-opsies in die VSA laat jou dikwels met ‘n keuse tussen hoender, bees, kalkoen, vark en as jy gelukkig is, lam. Dis vervelig.

(Bron: www.women24.com)

Wat is jou top-10 lysie van lekker SA dinge?

Skryf sommer vir ons in die kommentaarboksie hieronder.

  • maritza kotze

    Ek weet Suid Afrika het Marmite wat Amerikaners ook glad nie ken nie.
    Ek verruil SA nie vir enige ander land in die wereld nie!! Kyk net hoe oulik dink die mense is S oor die SWB wat so goed gereel is! :)

  • Colleen Bosworth Smith

    In North Yorkshire verlang ons na:

    1. Provita
    2. Cross and Blackwell mayonnaise
    3. Wit seesand en regte golwe
    4. Die atmosfeer in ‘n Kruger Wildtuin-ruskamp
    5. Tamatiekonfyt
    6. ‘n Ordentlike ho"eveldse donderstorm
    7. Mielies wat in die strate verkoop word
    8. Lietjies
    9. Karoo lamstjops
    10. Kaalgatperskes

  • Maria

    Hier vanuit Amerika is my lysie – bosveld, uitkamp, stilhou plekke langs die pad, toeganklikheid tot die natuur, vleispasteie en worsrolle, kafees, groentewinkels, slaghuise,om bedien te word in enige eetplek, skooldrag, windpompe, die bruin mense se Afrikaans, Namibia en Botswana as bure, die Kalahari, doringbome,tuisnywerhede…

  • Cecile du Plessis

    Creamsoda, bosveld, koeksisters, Woolworths, Miladys klere, guava sap, wimpy ontbyt, skole sport, tuisnywerhede ens. Hier in Melbourne is baie Suid Afrikaanse winkels, maar ons mis nog steeds n paar goed.

  • Annette Gilham

    Wanneer ons oorsee is, en later uitgeëet is aan al die oorsese lekkergoed, is een van my eerste verlange altyd: Marmite toast. Die ander ding is Appletizer. Geen appel drankie oorsee kom daarby nie. En sodra ons by die huis aangeland het – gebraaide lamstjops en braaibroodjies met kaas, tamatie en uie. Dan voel ek en weet ek: ek is weer tuis!

  • Lindie Kolver

    Wellington’s Sweet Chilli & W /Peach Chutney , Canned fruit (hierdie lot hier in Oz het nie ‘n IDEE hoe mens vrugte inlê nie..)Oh!So Heavenly (Clicks)se hele reeks , Woollies se Kosmark en Klere , Bacon Kips ,Savanna
    Light ,Lychees(hulle sê LAAICHIES vir dit hier..),gedroogde Mango en Bybelblaadjies- Biltong (by Snowies buite Volksrust)en Tuisnywerhede !
    Ai , hoe verlang ek nou na mense en familie wat ek nie eers ken nie !