FOTO Motorpress

FOTO Motorpress

Hieroor praat mense

12-jarige Jayden ’n wêreldkampioen

Op 12-jarige ouderdom is Jayden Els van Boksburg reeds ’n wêreldkampioen!

Jayden en sy knortjor (go-kart) het Saterdag eerste gekom in die Mini Max-kategorie by die 2016 Rotax Max Challenge Grand Finals in Italië. Meer as 50 lande neem deel.

Hy het voor die finale wedren in 12de plek gekwalifiseer, maar dit het Jayden nie ondergekry nie. Toe die wedren begin, het hy blitsig weggetrek en almal verbygesteek.

Sy eerste plek is spesiaal vir sy oupa, wat onlangs oorlede is.

Baie geluk, Jayden!

FOTO Motorpress

FOTO Motorpress

En die 13-jarige Bloemfonteiner Lienke Snyman het ook ’n wêreldtitel verower. Volgens Bloemnuus het Lienke in Lissabon, Portugal, met ’n volle 19 sekondes die wêreldtitel in lazer-run stet vir o.14’s opgeraap.

Altesaam 27 meisies van oor die wêreld heen het hieraan deelgeneem, maar dit is Lienke wat voor die naaswenner, van Egipte, oor die wenstreep was, berig Bloemnuus.

Lees die volledige berig op Bloemnuus.

Lees nou

Tracey se 5 dinge om in Praag te doen

Nóg ’n bekende word pa