FOTO: Joshua Earle / Unsplash

FOTO: Joshua Earle / Unsplash

Hieroor praat mense

12 matrikulante kan verder studeer danksy beurse

OLX prom

OLX stem met oud-president Nelson Mandela saamdat opvoeding die magtigste wapen is waarmee jy die wêreld kan verander.

Daarom het die aanlyn onderneming besluit om vir 2 waardige kandidate uit die 2015-matriekklas beurse te gee vir naskoolse studie.

Om vir die beurse in aanmerking te kom moes voornemende studente voor 29 Januarie 2016 aansoek doen en hulle moes reeds by ’n tersiêre instelling aanvaar gewees het.

Maar wat toe gebeur, het OLX se wildste vewagtinge oortref.

Volgens OLX se bestuurder, Stephen Ballot, was die terugvoer op hul #OLXFundTheFuture-veldtog uitstekend. “Ons was geïnspireer – nie net deur die groot aantal aansoeke nie, maar ook deur die passie en deursettingsvermoë van die studente wat geldelike hulp kort.”

OLX het toe besluit om nog R500 000 te skenk vir tersiêre opvoeding en het ook die publiek vir dié doel ingespan.

OLX het R10 geborg van elke advertensie wat tussen 9 – 15 Februarie op die webwerf geplaas is. Hul doel was om R500 000 in te samel sodat hulle nóg 10 studente R50 000 elk kon gee om hul drome van tersiêre opvoeding te bewaarheid.

Facebook_BURSARY_help

En hulle het in dié doel geslaag. Danksy OLX en elkeen wat in dié tydperk ’n advertensie op die webwerf geplaas het, kan 12 studente nou verder studeer sonder te veel kommer oor hul geldsake.

Facebook_BURSARY_thanks