FOTO Instagram  @satx_lawman

FOTO Instagram @satx_lawman

Hieroor praat mense

12 wenke vir wanneer jy in ’n winkel-rooftog betrokke is

Slaan jy die koerant oop, is dit duidelik dat rooftogte in winkelsentrums toeneem. Daarom deel die versekeringsmaatskappy 1st for Women 12 nuttige wenke om jou in dié situasie te beskerm. 

Verslae wys die rooftogte word gewoonlik uitgevoer deur goed georganiseerde groepe, wat bestaan uit vier of vyf swaar gewapende misdadigers. Winkels wat selfone, juweliersware, elektroniese toestelle en eksklusiewe klere verkoop, word veral geteiken.

12 wenke vir wanneer jy in ’n rooftog betrokke is of dit te vermy

  1. Wees bewus van wat om jou aan die gang is.
  2. Vermy winkels met ‘n hoë risiko wanneer hulle hul deure oopmaak en net voor hulle sluit.
  3. Besluit hoe en waar jy en jou familie of vriende bymekaar gaan kom in die geval van ’n rooftog.
  4. Moenie iemand probeer konfronteer nie. Rowers is gewoonlik gewapen.
  5. Moenie groot bedrae geld by die bank trek nie. Moet ook nie met baie kontant rondstap nie.
  6. Behou jou afstand indien jy iets agterdogtig sien. Rapporteer dit stilletjies aan sekuriteit en verlaat dan stadig die toneel.
  7. Vermy oogkontak met rowers en reageer vinnig en kalm wanneer hulle vir jou opdragte gee.
  8. Indien rowers persoonlike items van jou eis, gee dit. Jou lewe is meer werd as jou besittings.
  9. Indien jy naby ’n veilige uitgang is, verlaat onmiddellik die inkopiesentrum. Skakel 10111 en gee so veel as moontlik inligting aan die polisie.
  10. Jou kanse op oorlewing neem toe indien jy kalm bly en nie die rowers ontstel nie.
  11. Indien moontlik, probeer om ander mense kalm te hou.
  12. Soek hulp vir posttraumatiese stres ná die voorval.

Lees ook

Louis & Lise se Wie is ek: Kan gewone mense ook aan posttraumatiese stres ly?

Maak jou kind boelie-bestand

Baas van jou eie hormone