Oscar en Aimée in November 2012 tydens die fotosessie vir SARIE se Februarie 2013-voorblad. FOTO Leana Clunies-Ross

Oscar en Aimée in November 2012 tydens die fotosessie vir SARIE se Februarie 2013-voorblad. FOTO Leana Clunies-Ross

Hieroor praat mense

1ste tydskrif-onderhoud: Aimée praat ná 3 jaar

Die pyn het haar byna oorweldig. Sy moes sterk bly, ter wille van haar broer. Vir haar familie. Net soms het sy haarself toegelaat om te rou en ‘mens’ te wees. Aimée Pistorius praat openlik met SARIE kort nadat haar wêreldberoemde broer, Oscar Pistorius, tot ses jaar tronkstraf gevonnis is.

Een van haar grootste uitdagings die afgelope drie en ’n half jaar, sê sy, was knaende onsekerheid. Wat gaan met Oscar gebeur?

“Omdat my ma dood is toe ons jonk was, het ek die rol van versorger oorgeneem. Ek wil liefde uitdeel en toesien dat my broers gelukkig is. Maar in die hof was ek só hulpeloos, want ek kon niks doen nie.”

- Aimée Pistorius

Aimée het nou ’n nuwe werk en lewe in Londen. En hierdie nuwe fase, wou sy vlug van alles?

“Ek glo reis is ’n wonderlike avontuur en wou dit nog altyd doen. As ek nie nou die geleentheid by my werk aangegryp het nie, wanneer sou ek weer kon?”

Sy verlang na haar familie, maar is nie spyt nie. Sy gaan vasbyt.

En oor Oscar?

Lees die volledig onderhoud in SARIE se September-uitgawe, Maandag 15 Augustus op die rakke.

SEPT