Hieroor praat mense

Aksieflieks in oorvloed + 2 nuwe SA -flieks!

Daar is baie Suid-Afrikaanse flieks om hierdie naweek te kyk – gunstelinge wat al lank draai, soos Noem My Skollie en Sy Klink Soos Lente, en nuwe flieks soos Eintlik Nogal Baie en Hatchet Hour. Verder sien die hele wêreld nou al lank uit na Doctor Strange, met Benedict Cumberbatch in die naamrol, en ook Hell or High Water waarin Jeff Bridges en Chris Pine tussen stof en tolbos teen die owerhede veg.

So, wat gaan jy kyk? Met die weer wat byna die hele land oor koud en reënerig is, klink fliek na ’n goeie idee …

Hell or High Water

Sien vir Chris Pine, Jeff Bridges en Ben Foster in hierdie spanningsprent wat deur kritici geprys word. Twee broers beplan ’n reeks rooftogte teen die bank wat hul familieplaas gaan uitverkoop. Maar die Texas Rangers staan in hul pad.

Hatchet Hour

Dié fliek, waarin Erica Wessels die hoofrol speel, is vanjaar aangewys as beste buitelandse rolprent by die La Femme-filmfees in Los Angeles, Amerika.

Erica vertolk die rol van die prokureur Belle Swetlow wat ’n verkeerde besluit neem, met verreikende gevolge. En omdat sy nie verantwoordelikheid vir haar dade wil aanvaar nie, ontaard haar lewe in ’n al hoe groter gemors.

Vir Erica se spel het Judy Naidoo, regisseur, net lof. “Ek is baie trots op Erica. Sy is ʼn besonders goeie aktrise en haar spel is manjifiek. Al die akteurs is goed, maar Erica lewer werk soos nog nooit tevore nie.”

Doctor Strange

Dr. Stephen Strange, gespeel deur Benedict Cumberbatch, verloor gevoel in sy hande ná ’n karongeluk. Hy probeer elke manier om sy hande weer te laat werk, maar niks help nie. Op die ou end gaan soek hy hulp in ’n raaiselagtige enklawe en vind meer krag as ooit tevore.

Eintlik Nogal Baie

Jarrod de Jong, skrywer van Ally, die boek waarop Eintlik Nogal Baie gebaseer is, sê:

“Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. Kykers kan definitief genoeg sneesdoekies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk.”

Nog flieks wat hierdie week wys

Lees nou

Bekende akteur inspireer en doen nóg meer!

SA se wenfliek begin draai

Jou stem tel vir 2017 se Rock & Roll Hall of Fame!

Erica Wessels se fliek wen internasionale prys