FOTO Facebook / Cavan County museum

FOTO Facebook / Cavan County museum

Hieroor praat mense

2 000 jaar oue botter ontdek en dis eetbaar!

Gepraat van gourmet! ’n Botter, wat 2 000 jaar oud is, is onlangs in vleigrond in die graafskap Meath in Ierland ontdek. En dis eetbaar!

Die Ier Jack Conway was besig om in die vlei te werk toe hy iets vreemds ontdek het: ’n 10 kg-blok botter wat 3 meter onder die grond begrawe was, berig CNN.

Jack het onmiddellik die Cavan County Museum gebel om die botter te kom haal. Die vleigrond se lae temperature en min suurstof het glo die botter goed bewaar. Dit ruik glo selfs nog na botter!

In die vroeë Middeleeue was botter ’n luukse in Ierland. En mense het dit dikwels gebruik om hul belasting en huur te betaal, berig The Telegraph. Dis ook soms as offerande aan die gode gebruik om mense en hul eiendom veilig te hou en is dan nie weer opgegrawe nie.

Hoewel dit eetbaar is, raai wetenskaplikes aan dat mense dit liefs nie probeer nie.

FOTO Cavan County Museum

FOTO Cavan County Museum

FOTO Cavin County Botter

FOTO Cavan County Museum

Sien jy nie kans vir só ’n botter nie, hier’s Herman se maklike resep vir tuisgemaakte botter.

Lees nou

Nóg ’n bekende deel van die 27-klub

5 foto’s van prins Harry se vaderlike instink