FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

3 voordele van tuinmaak

Dis ’n feit soos ’n koei: Om deur ’n tuin te stap laat jou stukke beter voel. Jy raak rustiger, haal dieper asem. Die geure van blomme en kruie oorval jou en die singende voëltjies kalmeer jou. En tuinmaak is goed vir jou gesondheid – dis bewys!

Professor Paul Dolan van die Londense Skool van Ekonomie en Politieke Wetenskap het navorsing begin doen oor die gelukkigste beroepe in die wêreld.

Luidens die boek Happiness by Design is tuiniers en bloemiste van nature gelukkiger en vroliker! En hulle is sommer twee keer gelukkiger as mense in beroepe wat aansienlik beter betaal word, berig The Sydney Morning Herald.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Voordele van tuinmaak

1. Dit verlig stres en spanning

Om in die tuin te werk is nie net goeie oefening nie, maar kan ook stres, spanning en bloeddruk verlaag.

2. Help met psigologiese gesondheid

Om selfs net vir 10 minute in die tuin te werk of te sit, laat jou onmiddellik ligter voel. Jy voel gelukkiger! En is meer gegrond in die hier en nou.

3. Gee nuwe energie

Om tuin te maak en te sien hoe die plante om jou groei maak jou meer doelgerig en gee jou nuwe energie. Jy’s dadelik meer lus vir die lewe.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Bronne: The Sydney Morning Herald, CNN, Schultes Greenhouse & Nursery

Maak tuin uit jou kombuis

Wat het ’n piesangskil, Engelse sout, asyn en kaneel met mekaar te doen? Dit, en nog vele meer, is wat jy nodig het vir ’n lowergroen tuin of balkontuin. Lees meer hier.

Kyk hoe praat prof. Paul Dolan oor sy boek en geluk:

Op Sondag 9 Oktober sal Suid-Afrika sy heel eerste nasionale Tuindag vier! En jy kan hierdie dag saam met jou vriende, familie en geliefdes vier. Waar? Op jou stoep, in iemand se tuin, by ’n kwekery of selfs ’n botaniese tuin.

– Besoek Tuindag se webtuiste vir meer inligting.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Wat is #TuindagSA?

Dit vind plaas op Sondag, 9 Oktober, en is ’n geleentheid om jou tuin of selfs enige tuin saam met geliefdes en vriende te vier! Nooi hulle om saam met jou te kuier.

Besoek Garden Day vir meer inligting oor Tuindag. Maak seker om die hutsmerk #TuindagSA te gebruik wanneer jy foto’s van jou Tuindag-vieringe deel.

Besoek ook Garden Day SA se Facebook -blad en volg @gardendaysa op Twitter en Instagram vir lekker tuindag-wenke.

FOTO @garden

FOTO @gardenSA

Lees nou

Maak tuin uit die kombuis

5 tuinwenke vir lente

’n Stukkie Afrika op die Tuinroete