FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Hieroor praat mense

30 Maart 2016 – die dag toe feminisme gesterf het?

Kan één mens met één foto verantwoordelik wees vir die dood van feminisme? Piers Morgan dink so.

Na aanleiding van nóg ’n naak Kim Kardashian-selfie sê dié omstrede Britse nuusman dat die einde van feminisme aangebreek het.

In die foto is Kim en Emily Ratajkowski bostukloos en wys middelvinger.

When we’re like…we both have nothing to wear LOL @emrata

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Piers het ’n foto van die voorste kampvegter vir vrouestemreg, Emmeline Pankhurst, getwiet langs die nuutste foto van Kim en Emily en daarby geskryf “RIP feminism“. 

Kim het nog nie gereageer nie, maar Emily het op Twitter gesê:

Emily het destyds ook ‘n herrie veroorsaak toe sy in Robin Thicke se “Blurred Lines”-musiekvideo verskyn het. Vir sommige mense was haar optrede daarin té seksueel, maar ander het dit weer beskou as ‘n simbool van seksuele vryheid.

Wat dink jy? Skaad Kim Kardashian die saak van feminisme, of vier sy haar liggaam op haar eie manier? Los jou kommentaar in die boksie hieronder, of op ons Facebook- of Twitter-blad.

BRON: Mashable