FOTO Instagram /@victormatfield

FOTO Instagram /@victormatfield

Hieroor praat mense

En nou, die 300 m vir Usain en Wayde?

’n Dag ná die blitsige Wayde van Niekerk goud verwerf het, is die wêreld stééds meegevoer. Hoe dan anders, ’n wêreldrekord van 17 jaar is immers verbeter! Nou is die vraag op almal se lippe: Wanneer gaan Wayde teen Usain Bolt hardloop?

Maar hulle hét al teen mekaar gehardloop. Wayde het vroeër vanjaar saam met Usain in Jamaika gaan oefen. Dis daar waar Usain vir Wayde gesê het hy gaan nie net wen nie, hy gaan die wêreldrekord oortref, berig Sport24.

Oomblikke voor Usain gister in sy eie geskiedkundige wedloop moes hardloop, het hy spesiaal vir Wayde ondersteun. Nes die res van Suid-Afrika het Usain vir hom hande geklap en geskree.

Usain hou self van die idee om teen Wayde te hardloop voor hy finaal uittree, berig The Telegraph.

“Dit sal ’n goeie wedloop wees. Hy kan my nie in die 200 m klop nie, daaroor is ek nie bekommerd nie. Maar ek is trots op hom. Toe hy in Jaimaika kom oefen het, het ek vir hom gesê: Luister, jy is die enigste persoon wat die wêreldrekord kan verbeter.”

- Usain Bolt aan The Telegraph

En as alles goed gaan, sal hulle hopelik volgende seisoen teen mekaar kan hardloop, verduidelik Usain.

Wayde is die eerste atleet wat die 100 m onder 10 sekondes, die 200 m onder 20 sekondes én die 400 m onder 44 sekondes gehardloop het!

Nie een van hulle kon al die 300 m-wêreldrekord van die Amerikaner Michael D. Johnson klop nie. Hy het dit in 30.85 sekondes voltooi. Oor dié afstand is Usain tweede met ’n tyd van 30.97 sekondes, en Wayde is derde met 31.03 sekondes.

Usain en Wayde het nie net ’n goue medalje in Rio gemeen nie. Albei se afrigters is ook veterane. Wayde word sedert 2012 deur die 74-jarige Anna “Ans” Botha afgerig, en Usain al vir die afgelope 12 jaar deur die 67-jarige Glen Mills.

Glen en Ans  FOTO Twitter

Glen en Ans
FOTO Twitter

As die 300 m-wedloop van Glen en Ans afhang, sal hulle vir seker sorg dat hul ster-atlete reg is.

Intussen hou die wêreld en Suid-Afrika asem op vir ’n wedloop soos min!

Chad vs Michael?

Ons harte het gesink toe die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos ’n nederlaag in die swembad beleef. Nie net het Michael Phelps goud in die 200 m-vlinderslag verower nie (die swemnommer waarin Chad in Londen goud gewen het), maar Chad kon glad nie ’n medalje in dié veelbesproke tweestryd wen nie.

Chad het gehoop hy sal wéér teen Michael kan swem, maar die afgelope week het Michael aan die Today Show gesê dat hy ná Rio gaan uittree.

Chad het aan Times Live vertel dat hy teleurgesteld is.

“Michael het my nog altyd geïnspireer. Ek sal daarvan hou om nog een keer teen hom te swem. Ek het hom mooi gevra. Maar noudat hy weg is, voel ek daar is baie waarop ek moet fokus, soos daardie 200 m-rekord in vlinderslag …”

Kyk wat sê Chad oor Michael: 

Lees nou

‘DÍt wil ek vir Wayde kook’ – Barbara

Tannie Ans help Wayde wen!

Dís wat Usain vir Wayde gesê het