Titanic
Hieroor praat mense

31 jaar sedert Titanic gevind is

Toe die RMS Titanic op 15 April 1912 in die yskoue water van die Noord-Atlantiese Oseaan gesink het, was dit vir 73 jaar verlore. Die skip is eers weer op 1 September 1985 deur die Amerikaner Robert Ballard en sy span gevind. Dit was hulle wat bevestig het dat die Titanic in twee geskeur het.

Ná al die jare, 31 jaar om presies te wees, is daar nog talle onbeantwoorde vrae. Die wrak bewaar vermoedelik steeds ’n paar geheime.

 

Hier’s oorspronklike videogrepe van die RMS Titanic:

Het jy geweet?

Daar was 9 Suid-Afrikaners aan boord van die Titanic. Net twee van hulle het dié tragedie oorleef.

Van die nege Suid-Afrikaners op die skip was een ’n matroos in derde klas. En talle van die ander passasiers het ook verbintenisse met Suid-Afrika gehad.

Sommige van hulle het voor die Titanic-reis ’n paar weke in plekke soos Durban en Kaapstad vertoef. Ander het sakeondernemings in die land gehad.

Screen Shot 2016-09-01 at 21.28.51 Screen Shot 2016-09-01 at 21.28.26

Lees nou

Skryf ’n brief en verander jou lewe

Selena vat blaaskans weens lupus

Gewilde reuse-kremetartboom sê koebaai