Savannah Heuser FOTO: Facebook

Savannah Heuser FOTO: Facebook

Hieroor praat mense

Verwaarloosde leeus vind vrede in SA

Ná ’n lang tog vanaf Suid-Amerika tot in Suid-Afrika kan 33 verwaarloosde en mishandelde sirkusleeus uiteindelik ’n natuurreservaat met bome en gras hul tuiste noem.

“Ná soveel jare het hulle uiteindelik bome. Sommige van die leeus gee letterlik vir die bome drukkies. Hulle klou aan die bome vas en los dit nie. Hulle skuur daarteen. Hulle is tuis. En hul instink as Afrika-leeus het ingeskop,” vertel Savannah Heuser (19), stigter van die Emoya-reservaat in Limpopo, aan SARIE.com.

Animal Defenders International (ADI) het 24 leeus uit Peru en nege uit Colombia onder Savannah se sorg geplaas. Die leeus het Saterdag op O.R. Tambo naby Johannesburg geland.

“Ek is ongelooflik bevoorreg. Maar ek het gemengde gevoelens. Ek is gelukkig as ek sien dat hul terug is waar hulle hoort, in Afrika. En ek is hartseer as ek dink wat mense aan dié leeus gedoen het.”

Savannah sê die diere vaar uitstekend.

“Op die oomblik is hulle in fase 1, waar hulle in kleiner kampe is. Dit verseker dat hulle ’n band met mekaar vorm en kleiner troppe vorm. Ons hoop om oor ses maande te vorder na fase 2, waar hulle na ’n groter area verskuif word. Maar dit hang alles van die leeus af.”

 Lees nou

Harvard toe vir Malia Obama ná gap-jaar

Teleurstelling tot sukses: Van Meryl tot Lizz

 Olimpiese fakkel: So lyk die roete